
Geanker aan hoop (Silwer)
besiel my met hoop
teen doellose opstandigheid
oor soveel hedendaagse aversie
oorspoel my gemoed
met vredesverwagting
om kreatiewe denke
deurlopend te voed
beklad my wese met begrip
sodat geen objeksie
my ontspoor
of toelaat dat ek
oorleweningstryd verloor
begrens my denke
om geanker te bly
daagliks met vars verwagting
hierdie vloedgolf te ry
©Driekie Grobler (2021)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2021 – Verwagting/e-projek