Jongste aktiwiteit:

JOB

Job

Jy het ‘n storie op sy eie
alles verloor ook jou landerye.
Op ‘n ashoop het jy gebly
maar nooit het jy met God gestry.

In Sy liefde het jy nooit getwyfel
maar vloek eerder die duiwel.
Nooit het jy die Heer blameer
al moes jy slaap in die donderweer.

Job, jou storie inspireer my so
al lê jy en kyk na die aasvoëls daar bo.
Skrop jy jou swere met ‘n gebreekte potskerf
al het jy net die lewe geken van bederf.

Bly jou geloof so uiters sterk, anker vas
al moes jy jou hande in vuil water was.

Nederig sak jy neer op jou knieë,
om meer by God te leer.
Job jou lewensverhaal het my siel bevry
jy het my gewys, op jou laagste het jy aan God se sy gebly.

Jy het jou familie, en alles verloor
maar tog het jy aanhou glo.
Jy was gespoeg en gespot, maar tog het jy dit oorgedra in gebod.
vanaand sak ek laag op my knieë, want Job jy het my baie geleer.

Zane Joubert




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed