Jongste aktiwiteit:

Kambro kind

Kambro kind

In die verte van die Swartberg se poorte
waar die kranse van plooie hul weg vind
langs ‘n kronkelpad se geboorte
word die denke van ‘n kind
gegraveer
op die wil van sy Heer

In hierdie land waar die klapperbos my siel betower
en helder vygies blom in karoosand
wil ek jou met woord verower

In ‘n Klein Karoo se almag
het ek gesoek en gevind
na jare se gewag
‘n bestaansreg as jou kind
vir ewig jou Kambro kind

– Petrus JS Vermaak




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed