Jongste aktiwiteit:

In ‘n Swartberg se skadu

In ’n Swartberg se skadu

Soos ‘n muur van skeiding
troon jy beskermend oor jou weiding
waar ‘n karoo so groot en ontembaar
ontmoet ‘n karoo so klein en vrugbaar

In jou dieptes skuil vele bergstrome
waar klowe bedek met spekbome
beskermend dit wil bewaar
vir nageslagte om te ervaar

Nostalgiese oomblike van kers en vers
roep in herinnering yskoue karoo winters
waar laggende kinders
speel op jou spierwit getooide kapok kombers

In ‘n Swartberg se skadu
word my hele wese betower
my hart verower

 Petrus JS Vermaak




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed