
Vertolking van n lewe
Vertolking van n lewe
Tussen ganna bosse
in die hart van storm winde
het ek my siel amper verloor
daar waar my tolbos swerf
teen haak en steek takke
beweeg die stilte
deur my are
skeur satans dorings
my aan vlarde
As ek kou aan harde
klapper haar skandes
Seën val kort-kort
oor my donker grys mure
en oor my hoof
druip olie
soos U belowe
Waar satans monsters verpes;
wyl ek stil baklei teen die dood
draal vir n rukkie onverpoos
tussen geskenke
van genade
Beskerm my Heer
tussen U altare
hou my vas
wanneer ek weer
verbysterd
stadig teen tyd
struikel
en
val
in
die
duister.
Sonder U o God
kan ek nie
sonder U woord
wil ek nie
Uit my eie
durf ek nie
Vang my op in U hand
vertroetel my soos net U kan
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.