Tolbos gedagtes
Krom kartelend op kontoer van snikhete stil woestyn huiwer haar enkel voetspore neffens verbleikte halfmens ook stadig hier aan’ t kwyn Maar ver op die horison wink ‘n spieëlblink oase laat haar tolbosgedagtes lui, huiwerend op hittegolf tornadodraai in ekstase Gister se dryfsand spore deur rukwind toegewaai want geen siel is verlore as sy Skepper […]
KATELYN SE LULLABY
Ek vang vir jou ‘n sterretjie my kind bind hom toe in ‘n moskombersie en sit hom langs jou kussing neer Ek steel vir jou ‘n wit ster-stert en hang hom aan ‘n reënbogie bokant jou seegras bedjie vir die aand Ek onderhandel met die maan ‘n straaltjie om te leen deur die gleufie in […]
BLOUBERG SE STRAND
Ek maak die vensters van die oggend oop en kyk hoe Tafelberg se spookasem teen sy hange met ‘n lag afgly see toe en Blouberg se strand loopplek langs sy skuimbaard maak Die nag se verlore gedagtes kom speel klop-klop by my agterdeur vroegoggend hier langs die see se rolbos branders wat lêplek op die […]
ALLETTA BOONZAAIER HOOFSTUK 3
“Ek is eintlik n plaasmeisie Melt, daar van Jansenville se wêreld waar my ouers met Angoras en skape geboer het. Soos jy my vanoggend vertel het hoe jy sorgeloos en gelukkig groot geword het kan ek dieselfde sê van my jongmeisie dae op die plaas. Saam met my ouer broer was ons gelukkig en het […]
Uit die oog, uit die hart?
tussen brief vergeeld en lem geroes waar geen son of ster of maan ooit weer die duister sal verlig nie dig nog net haar sagbruin oë stil – deur glas en stof – sy naam © C. Shaw 16 Februarie
Ek sou jou kon liefhê
Ek sou jou kon liefhê Ek sou jou kon liefhê was jou voetspore witter en die dou op jou hande het nie bloedrooi geskitter Ek sou jou kon liefhê was jou woord maar jou eer nou sweef dit dof, doelloos tussen alma mater leuens in die ver buitenste sfeer Ek sou jou kon liefhê was […]
Jy het nie huis toe gekom …
verlate sit ek vanaand met my voete in die sand die branders hou my geselskap ‘n seester in my hand in die verte brand die liggies van ‘n deinende tjokkaboot van hier so klein en amper fyn mens sou nie sê dis 6-man groot deur my vingers loop korrels sand soos die tyd deur ‘n […]
LAASTE LAG
‘n Slot wat knars ‘n skoot wat bars ‘n halfmas vlag en laaste lag die dood ‘n Reënboog rank ‘n leë bed ‘n ope graf en laaste lag die dood ‘n Leë krip ‘n oes verbrand ‘n man word groot en laaste lag die dood
TYD
Sand dros uit die gebreukte uurglas sluipvoet uit en vorm strepe korrels op my lewens padkaart terwyl die dou dans in die nag se kammagat gedagtes Die uurglas verstik verstop en kielie tyd om aan te stap gejaag deur die son se voorslag Die son kom bloei sy goue gulde op my voorstoep uit en […]
ALETTA BOONZAAIER HOOFSTUK 2
Ek is vroeg oggend wakker en besluit ek om bietjie op die strand te gaan stap. Ek het n gunstelingplekkie op die strand en ek is net betyds om die son oor die horison te sien kop uitsteek en deur die wolke op die horison te sien breek. Die opkomende son se strale tooi die […]