Eeu van winternag
winternag ‘n honderd jaar gelede uit ons verre ou verlede vandag nog bekend en bemind in elke bundel sal jy hom vind die windjie is vandag steeds koud en skraal Afrikaans nog altyd ons moedertaal so wyd as die Heer se genade is selfs vandag nog ons ballade Eugene Marais digter van weleer hiermee aan […]
Loopdop Doep se Nasaat (Hoofstuk 2)
Dit is eers nadat Sussa vir Duiker so half tot kalmte gebring het en hy weer op sy stoel gaan sit dat ek tot verhaal kom. Ek is nie heeltemal seker wat nou plaasgevind het nie. Ek sluk die laaste van die bier weg en so in die sluk beduie ek vir Sussa; “Nog een…” […]
Loopdop Doep se Nasaat (Hoofstuk 1)
Ek het saans baie daarna uitgesien vir Pa om huistoe te kom. Ma het egter niks daarvan gehou dat hy huistoe kom nie. Hoe nader dit aan sy huistoe-kom-tyd gekom het, het haar lippe dunner geraak…. Haar oë het onnatuurlik groot gerek en sy het gestaar. Ek glo nie na iets in die besonder nie, […]
ALLETTA BOONZAAIER HOOFSTUK 3
“Ek is eintlik n plaasmeisie Melt, daar van Jansenville se wêreld waar my ouers met Angoras en skape geboer het. Soos jy my vanoggend vertel het hoe jy sorgeloos en gelukkig groot geword het kan ek dieselfde sê van my jongmeisie dae op die plaas. Saam met my ouer broer was ons gelukkig en het […]
ALETTA BOONZAAIER HOOFSTUK 2
Ek is vroeg oggend wakker en besluit ek om bietjie op die strand te gaan stap. Ek het n gunstelingplekkie op die strand en ek is net betyds om die son oor die horison te sien kop uitsteek en deur die wolke op die horison te sien breek. Die opkomende son se strale tooi die […]
Zambie kuier – 1
Dis ’n hele trek. Eers moet ek by die lughawe kom. Ek kan nie iemand vra om donker nag al op te staan om my betyds daar te kry vir die kwart-voor-ses vlug nie. Ek kan dit net nie oor my hart kry nie. Daarom bestel ek ’n ‘airport shuttle’ om my vieruur op te […]
3401 KOM BETHLEHEM TOE
Koos Lourens is glad nie lekker toe hy die oggend in Bloemfontein loko aanteken vir die huis toe rit met trein 71 nie. Die hartseer oor die afskeid van sy geliefde 2878 lê nog vlak in hom. Nadat hy aangeteken het stap hy met sy blik oor loods toe en voel hy sommer hoe sy […]
AFSKEID VAN N STAATMAKER
Koos Lourens stap stadig na die lokoloods in Bethlehem toe nadat hy aangeteken het vir trein 72 Bloemfontein toe. Vir n paar oomblikke gaan staan hy voor die lokoloods om die toneel voor hom in te drink. Blasend in sissend staan die lokomotiewe soos jong resiesperde, reg om weg te spring. Met haar blink lyf […]
ALLETTA BOONZAAIER HOOFSTUK 1
Hier waar ek in my kantoor sit kan ek voel al die onderhoude voer die oggend om vir my n nuwe ontvangsdame/sekretaresse te kry het my uitgeput en moeg gemaak. Ek is al deur snaakse dames vanoggend maar kan nie werklik een kry wat in my smaak val of die vereiste kwalifikasies het nie. Ek […]