Onsigbare koord van liefde
My oë dop byna om toe ek na twee skrale maande weer een van my liefling pleeg-honde sien. (Dit is nou een van daardie diere vir wie ek kos en liefde aandra terwyl sy Oubaas en Miesies elders rinkink.) Die dierasie se gesig is omtrent heeltemal spierwit grys en opmerklik baie witter as wat hy […]
Gebrande Rook
‘Die versekeringsmaatskappy het ons oor jou gewaarsku.’ ‘En tog is ons hier,’ antwoord ek, nie seker waarvoor hulle soek nie. Die rook vul alles; steek alles weg; wys net dele van die storie. ‘Wat is daardie reuk?’ vra die brunet en trek haar neus op terwyl sy deur die rook tuur asof sy iets kan […]
Die Gatvolsindroom
Wil Facebook al weer weet: What’s on your mind? Ek is so flippen besig dat ek al vergeet het ek HET ‘n mind!! Ek was vloere, ek kook, ek was wasgoed Ek raas omdat die skoon goed nie weg gepak word nie Ek moun oor vuil kamers Ek was skottelgoed, ek kook Ek verduidelik Wiskunde […]
Vandag is my pa 60 (17 Maart 2019)
Vandag is my pa 60. Hy is oud. Ek meet dit nie in jare nie, my ouma is immers al oor 80 … nee, hy is oud van leef. Oud van stresse wat ek eers nou in hom begin raaksien. Oud van siektes en kwale. Oud van kinders en kleinkinders. Oud van staande bly en […]
Die Groot Aptyt
Petrus Enkelblade en sy vrou Sarie, het die Bybel heel mis verstaan. Hulle het nie voort gegaan en vermeerder nie, nee, hulle het voort gegaan en vervuil. Die stadsraad het later twee huise langs mekaar vir Petrus Enkelblade gegee om al die Enkelbladejies te huisves. Toe Petrus, kort na die geboorte van nommer agtien by […]
Die drie skapies
Die drie skapies Eendag, lank, lank gelede was daar drie boetie-skapies wat saam met hulle mamma en pappa in ‘n mooi huisie gewoon het. Die skapies was oulike, skattige seuntjies en hulle mamma was baie lief vir hulle en het hulle vreeslik bederf. Die skapies het egter groot geword, skapie-skool klaar gemaak en dis toe […]
Ouma se ridder
Ouma se ridder Sanet staan besluiteloos: die sypaadjie wat om die park loop, of die kortpad deur die park? Sy weet haar ma sal glad nie daarvan hou dat sy deur die park loop nie, want soos alle ma’s glo sy dat die park nie veilig is vir ’n meisiekind alleen nie. Maar Sanet is […]
Teedrink by Ouma
Teedrink by Ouma “Rita, jy gaan laat wees vir werk, toe, opstaan!” “Dis my afdag, Ma,” kreun haar slaapstem. Rita kruip dieper onder die duvet in. “O gaaf, dan kan jy by jou ouma ’n draai gaan maak. Ek moes vir haar medisyne neem, maar ek is seker sy sal bly wees om haar enigste […]
Die Saga van Tristan se selfoon – Deel 2
Vanmiddag na ek vir Tristan by die busstop opgelaai het, gaan ons terug na die tjarra se selfoon-fieks-iet-winkel. Die gesig wat ek daar aanskou het! Ek weet nie eens waar om te begin vertel nie! Met die inloop sien ek dieselle dofkop van gister agter die counter staan. My moed sak tot in my rosegold […]