Herwin
http://herwinning van ons ek het jou vergeet tussen die plastiek van gejaagde dae waar ons woorde soos bottels onherroeplik leeg weggegooi is maar ek het begin om jou te herwin met hande vol stilte en oë wat weer leer kyk sonder oordeel sonder haastigheid ek het ons uit die asblik van versuim gehaal met nuwe […]
las
vanoggend is my duin in troebel water versink winde loslappie heen en weer miswolkies skeer oor branders heen argelose seemeeue pluk krappies uit hul sandheuwel huisies vlieg hoog op en los val krap kerplop so is die beste van my gedagtes vireenselwiggend vanself opgesmuk binne raamwerk van my liggaam se druk sukkel […]
Gesweef in duisternis
oor waters van chaos wanorde woestheid leegheid vestig Agape Sy almag wentelbaan Sy alomteenwoordigheid binne die sirkel van Sy heiligheid getoonset in die oneindige meetsnoere van Sy genade oerknal Agάpē O-rdeskep en R-itmepatroon ’n D-iversiteit van E-kologiese sisteme uit chaos ——-oo000oo——- ©Pieter Mostert
darem
die wind waai darem nie lente het darem uiteindelik gekom die winter was darem baie erg hierdie jaar die aanhoudende koue was darem te dik vir ‘n daalder so darem ek aan oor my duin ek kyk terug na die kasarm van wit gehuggie-huisies wat teen die duine opgroei elkeen met sy eie inkommer-bewoners […]
Parlez-vous afrikaans ?
alors parle un langage pur ons oude taalgebruik verhaal en herhaal pas aan by die gees van elke geslag se wees vandag is spreektaal opmerklik vol anglikaans taal behoudenheid onbespeurbaar koud daar is ‘n “slang” in die gras ons trotse taalegte eeu-oue gras is dit “die regte ding om te […]
skurwejantjie
ouvolk, jy lyk vanoggend soos ‘n skurwejantjie wat brom jou woorde vroeg al soos ‘n gordelakkedis vol krappe en skulpe wat sny diep onder jou growwe vel weet ek lê daar ‘n hart, koudbloedig maar ook soms sag en teer van liefde hang net af van prikkels om jou jou kraalogies tuur […]
dagboekfrustrasie – (Silwer)
Dagboekfrustrasie – (Silwer) hoe gereeld moet my linkerhand die middellyn kruis teen balans indruis om my dagboek oop te vou ‘n poging om gebeure vandag kristalhelder neer te pen toevertrou aan immer hulpvaardige hotklou gedagtes genadeloos versluier deur die slepende spore van inksmeersels van links na regs verewig om gisters vlekkeloos […]
sleutelbord-konsternasie – (Silwer)
sLeuteLbord-konsternasie ti – ke – tie – tak sLeuteLs kLap o n r eëLm a t i g pLoeterende pLig hande oorkruis makLik kwansuis frustrasie druis wanneer 1 2 3 4 5 vrede v e r d r y f spertyd wreed kyf verkeerde […]
alledaags
uit my slaapboks met oop oë sit ek en tuur oor spieëlgladde see branders het gaan rus vir nou kleinste sagte klots klanke verraai veel groter krag oor my duin se rand skuif daar een bollerige dier tuur saam met my met sy dowe oë oor hierdie seënvolle stil oggend saam verlustig in […]
Sannie se stryd (Goud)
Sannie se stryd Sannie Swanepoel van die Strand kan alles doen met haar linkerhand; sy sny perfekte snye brood kan die AGA met een hand stook en wag tot jy sien hoe kap sy ’n ui! geen mes het al ooit uit háár hand gegly selfs met ’n skilderkwas is sy flink – sy verf […]