Jou uurglas my kind
Jou uurglas my kind My kind die dag met jou geboorte het Ek jou uurglas regop geplaas vol gelaai wat stadig begin deurloop as baba sonder weet wie jy is of gedagte korreltjie vir korreltjie, een vir een sonder haas in jou lewe wat kom vol liefde geloof en hoop My kind gebruik elke sekond […]
Dit reën mos altyd.
Daar is donderstorms in my hart vrolike laggende wrede slae so hard ek druk my ore toe en probeer dit smoor maar jou stem bly al wat ek hoor jou woorde en wense en drome gedeel (met my sonder toestemming sonder hoop) sonder pyn maar so steel jy my hart en hou dit vir jouself […]
Blommeprag
bougainvillas blom in vrolike kleure mooiste blomme so dankbaar in reën my hande stukkend van dorings snoei bougainvillas blom in vrolike kleure saggies op my neus tussen lentegeure in groen en rooi skepperskwas geseën bougainvillas blom in vrolike kleure mooiste blomme so dankbaar in reën ©Teárlach
Vir jou
Vir jou Selfs so jonk as sewentien gestuur na die weermag vir volk en vaderland opleiding spoedig voltooi te stuur na oorlogsone soveel uiterstes beleef trotseer versengende hitte koue nagte dae sonder kos en water oorleef van die veld gehoorsaam bevele lukraak reageer outomaties in ‘n land waar vyande wil infiltreer oor die kaplyn heen […]
hemel
hemel I changed my mind about heaven….what would it be she whispered……this, a blanket, a bed and you – anon gedagtes loop hul paaie in rigtings van eie keur, soms asof voor ‘n vuur, keuwelend in jou gemoed staan jy eenkant alleen en wonder wie is die heer, die man in die spieël of die […]
wonder van die diepsee
Nemo Borrel-asem, baftablou, anemoon en gras Koraalmelodie in kosmiese see Vlindervis dans op algmatras Borrel-asem, baftablou, anemoon en gras Hamerkop loer om skeepswrak mas Kompleks in eenvoud voer my mee Borrel-asem, baftablou, anemoon en gras Koraalmelodie in kosmiese see ©Carin Erasmus
In Memoriam
In Memoriam Twaalf swart sambrele langs ‘n graf Reentelegramme in grou en grys Mosbaardboom waar druppels draf Twaalf swart sambrele langs ‘n graf In lief en leed ongestraf Spierwit lelie, kraai wat krys Twaalf swart sambrele langs ‘n graf Reentelegramme grou en grys ©Carin Erasmus