aan jou my jongste seun…
opgedra aan my jongste..Duncan gebore uit hartsverlang gebede seuntjiekind ouerharte vol vrede 7 jaar vir jou gewag appelwang bruinoog vol lag liefielyfie wat drukkies uitdeel roosbek wat natsoentjies steel bottels vol goggas, klouter soos kees mag die lewe jou genadig wees sagte siel, ope gees sien jy goed wat ander vrees praat jy […]
Kameeldoringboom
O statige Kameeldoringreus met jou majestueuse magtige arms wyd en oneindig, die niet in gesprei met jou blare ʼn skadu-reën verleen uitweg van moorddadige sonnestraal Knus in jou kragtige arms skuil versamelvoël gesange jou skurwebas se donker gange verborge hou talryk beskeie lewe skarrel hul deur kraak en skeure wie is daar wat jou liefde […]
SPORE
Spore sigbaar diep vorm herinner koggel vertroostend ontstellend verblydend tartend lê loop wys onuitwisbaar duidelik letsels
Moedersdag
ʼn Moeders harteboesem versluierd diep, haar ware liefde verloor in vere sag, verbloem in warm vou van moerderliefde Oggendbone boeretroos aroma vleg deur huis van glas die geur van stywe mieliepap ʼn hart betoon, geneentheid vas Haar hartlik heldemoed vereer Dag na dag haar waagmoed wys Haar onverskrokke moedigheid met lied en daad bewys My […]
Eerste Lentereën
Oor die vlaktes storm nuwe lente-donder wanneer plant en boom hul wintersrus verlaat buig hul die knie en strek hul arms uit Almagtig God en Heer, dankie vir U seën in reën bulderend jaag woedende wolke bevreesde stofperde voor hulle swepe uit en die bliksems flitsend geniepsig klap op die voortvlugtende wind in vlug wolke […]
Storms van onthou
Die gedagtes kom soos ‘n flits vloed. Stormwinde, ongenooid waai jou hart krom. Verlange hael neer die slae van bewustheid. Vlugtig, ontstem gemoker keer op keer. Reën die onthou, van my en van jou. © Carla Visser
Kom ons hou ‘n makietie-troue
Kom ons hou ‘n makietie-troue my bruid ek het soveel jare vir jou gewag gebid vir hierdie spesiale dag toe jy met die paadjie afstap aan jou pa se sy was ek verseker dat jy is die vrou vir my jy hak nou by my in en nou staan ons saam voor God om vir […]
My hart is [steeds] gebreek
Ek is breekbaar soos droë blare [jy weet daai wat as jy te hard daaraan vat verbrokkel dit onder jou vingers]. My hart is nie (en was nog nooit) regtig heel nie en die vrede binne my kan nie die seer daarin stil nie. Ek weet waarin die mooi van die wêreld lê ek sien […]
Afrikaans is soos rooiwyn
Afrikaans is soos rooiwyn Afrikaans is soos rooiwyn wat ons met die plant van sy loot in vrugbare grond met sy klimaat wat dit omhels kunsstowwe voed, water lewe gee troetel en snoei bewaar teen peste en plae elke oomblik troetel en op die regte tyd pluk dek vir aansit en hap maar ook vir […]