Verwerp.
Lentebloeisels bloei nie aan die bome in my straat nie en die volmaan gloei nie vanaand nie. Verlange krap in my hart. Ek stap ’n enkelspoor pad. Ek bedek buite beherende springende emosies met ’n laag ontkenning en ’n glimlag. Terwyl ek onbewustelik my teëstand weerspreek. Terwyl ek onwetend met ’n […]
‘n Tweede kans
‘n Tweede kans Jy … ja jy … Jy … jy sonder tande wat altyd lag jy … jy sonder ‘n haarstyl geen sjampoe en sonder kam jy … jy met vuil skurwe hande wat op ‘n oorskietkossie wag jy … jy met ‘n oopgaap skoenpunt wat jou tyd in parke verwyl jou lyf van […]
Jou lewensvuur
“We can burn brighter than the sun” – Fun. weghardlopers in die doolhof van lewe volg patroonlyne oor wat ons wil hê probeer die regte lewensdeur te vind om die grafiese lewensteorie op te los in woede behaal bitter sukses volmaakte sirkel op ons wenslysie gesufte siele verlore in die gange geen kennis oor oneindige […]
‘n Cinquain gedig
droogte dorre plase plantegroei raak skaarser bedrukte boere huil bitter woestyn © Roeline
My hemelhoutkind
Apologie aan Marlene van Niekerk se “Troetelwoorde vir Ogilvie Douglas” my hemelhoutkind (vir outisme) kyk houtlief bitter soos bas het my mond geword ai, die wêreld wat wou dat jy my kind is my hemelhoutkind jou houtoë wat staar fladderende handeblare in die wind voetewortels obsessie oor water rituele lyfboom streng seisoene volg kwalik neem […]
sy hinterland
verkwikkende son skyn oor die ouetehuis tuin verknoessend in die oggendson sit hy oë nou te dof om die rose te sien rank hoor nie die voëls se kweel gesang die oggend-wind soos ‘n stoute kind waai sy hare deurmekaar sy gedagtes rimpel terug na sy hinterland waar seewind roerings in die branders maak hy […]
DIE GROOTSTE BEGEERTE
Soekend na meer as goed na beter as beste na voldaanheid wat langer duur honger ©HMellet (Digvorm: cinquian)
Tussen nêrens en êrens
Tussen nêrens en êrens Blou ballon vol helium dryf waar wind jou neem bestemming onbekend onaangeraak deur skarrelende wesens met blindheid geslaan stokdoof vir duisende desibels skree ten hemele waansinniges grynslag bloed vloei deur die wingerde hondsdol hond verskeur mensvleis rookkolomme bol opwaarts vlammesee laat spoor van vernietiging watermassas wis voor die voet uit skuddings […]
Spook trein
Die spooktrein (Limeriek) by dorp-sonder-naam se daklose stasie op die stowwerige perron sonder bagasie sit die nagskofspook ‘n Lexington en rook langs hom middernagleesstof en ‘n halflyf hasie
Ek vergewe jou
Ek vergewe jou ek het so diep geglo en vertrou geglo aan van altyd en ewig vir my en jou die wêreld om en in ons twee se saamwees ons lewenspad een groot fees jy het my die sterre en hemel daar bo beloof maar in minute nee sekondes van glo beroof nadat ek my […]