Spontane ontbranding
‘n Begin warm, aangenaam en die slagoffer onbewus dat dit die begin van sy einde is…
In Peitho se rok geklee
Die gif drup van jou tande ywerig kom smee jy bande. Jy meesmuil so wreed kom plant jy diep jou leed. Ongenaakbaar spoeg jy wraak jou haat hier te kom braak. Drapeer jy jou in ‘n laken Om jou grense af te baken. Kap jou naels die vrede in Bitter te skend vir jou gewin… […]
Gedagtes verdof
Soet somer kom kruip in my hart dryf al die hartseer uit met jou oggendson se lag Ek is ‘n dromer ‘n ewige dromer my drome dans saam met die glowing van die see Waar my gedagtes in die blou verdiep soekend op ‘n strand vol klippies verdof deur die sout en sand wag ek geduldig in […]
No 4 is nie grappies nie.
Daar is ’n leë warm dwarrelende wind wat rondomtalie in my binneste ’n warm wind met jou stem en al wat ek hoor is hoe jy vir my sê jy het lief geword vir my maar dat ek ongelukkig weereens die een gaan wees wat moet seerkry. © Anria Breed (2017/11/20)
Afrika versugting
Agter klip en bos verskans harde, wrede dood wat wag haat omskryfde hartsbestaan mes wat flits in maanlignag in moordendhart gemessel wreed sy moord geëts, gekerf verskuil in dierlikdoods bestaan naastebloed-bevlektepalms rooigeverf wrede oë, waansinnig grynslag onwetend prooi tegemoed waansinnig kruip ʼn satansjagter hunker, smag na gyselaarsbloed Vader, verlos ons van die satansvingers U Seun […]
Aardse Paradys
Kapokbos, roosmaryn, gekneus gespreide kruie kleur en geur strelend soete blomaroma styf gehul in roosknopfleur katjiepiering stingelkruip klimop sprei sy nektargeur kanferfoelie geurrykrank pronkert ruik verdiep in kleur op my knieë staan ek Heer in U tuinpaleis, my Heer nederig Heer, my hart versteur U hand se werk ʼn soete geur
Uitroep na genade
Aan die einde van ʼn ruwe dag sak die son sy kop oor die rante waar die mooiheid en rooiheid van die westerkim ope arms wag dan tuur ek na U oneindig skeppingsprag wanneer my hart deur U melkweg vaar en ek sielerus in U liefdes woorde vind my brose lewe in U sagte hand […]
Die diepste dors
Mag die reën nooit ophou val nie – nie voor waters stort oor klip en krans nie, nie voor die strome loop nie, nie voor vleie blinkblou stoot nie, nie voor vinke neste bou en tussen riete dans nie, nie voor die laaste stof gaan lê en die grond ophou om dors te wees nie, […]
Lawa begrafnis
Broeiend, gloeiend en kokend die onbeplande ent wat laaste aksies verewig en vir ewig vaspen dekades, eeue en eons gaan verby maar steeds sal die gegiete monumente bly om die wat nog moet leef te herinner dat geeneen datum of tyd van hul eindlyn wis Dit is gewis, ‘n lawakis en begrafnis gee stof tot […]
Kusloos
Die oseaan van tyd lê wyd, wyd met wisselende getye wat golwend beweeg teen alles, oor alles wat daaraan raak wieg dit heen en weer deining dit op en af altyd aan die beweeg, soms meetbaar ander kere onverklaarbaar steeds altyd teenwoordig Onbegrensd, kusloos bewustelik of bewusteloos Dit is onkeerbaar, onbeheerbaar alt y d…daar