Besoek aan ‘n grafkelder
Wit is die lelies in jou tuin; ek staar verwilderd na die windharp wat sag op jou stoep wanklank soos die giftige wasbleek warmte wat jy eens om my wou walm. Selfs vrede skuil hier in donker skaduwees van tuinstoele wat lustig na mens wink. Ek klop weer aan die toe deur perfek pas alles […]
ROOIKRANS DORPIE
ROOIKRANS DORPIE Ouma Eleen se geel bus vertrek vanaf Kaapstad se stasie opgewonde in die bus met al haar bagasie die bus stop op Rooikrans dorpie met sy mooi natuur en see rooikrans se dorpie is in die kaap provinsie geleë vertrek ons reg oor die oop kaapse vlaktes heen langs die hottentots-hollandse berge ry […]
Môre wêreld
Dalk…in my môre wêreld sal die skemer nie weer oor die horison brander en nie weer eb met my drome in sy arms Dalk…bly die son heeldag net by opkom om lig te reën oor die aarde wat stom in die helderheid en skyn wat aanhou blom
Verborge talent
My hande lê jou lam My vingers stram en tam wat jou tot stomheid slaan, wagtend, mank in stilte gesmoor tot geen klank is jou simbole op papier slegs swart en wit etse van leemtes en spasies Sou ek maar kon slaag om my vingers te waag en jou sleutels te behaag in identiese kleure […]
Wie
Wie Wie het my hart dissekteer geen angina geen fibrilasie wel stilstand uitgeruk uit toraks are afgebrand gapend oor die afgrond dryf leweloos triomfeer met arm omhoog in formalien teug aan jou whisky tel jou bondels note grynslag tevrede verseël my lot ©Berna 26.10.2017
Vredestuin
lieflike Kersfees reën val soos God se seën op die dorre aarde laat nuwe lewe uitspruit in ons honger harte uit die niet skyn ‘n lig oor ‘n land wat donker is word op jou en my gerig laat onverganklike sade van woord en dade op die barre aarde val voed kiemsels met gebedswater plant […]
boerehart (ʼn Patiche van Toon van den Heever se In Die Hoëveld)
as die laaste lewensnote wegsterf breek sy boeresiel vry vry van die kap-kap eggo in aardkors gange vry van die blikhuisies se dronk moesserny waar vrouens en kinders met honger oë kyk waar mans soos hy hul sorge aan Bacchus bely vry van die hel van ewige hoes vry van die stad se slawerny dan […]
GENADE WATER
Druppels delikaat kosbaar val spat benat boeiend glinsterend aanhoudend betowerend les voed seën gedweë betyds reën ©HMellet
Kersfeesgebed – in ‘n tyd soos dié
Sal die nagte ooit weer stil wees soos dit lank gelede was, so heilig en vol vrede met ‘n hemel waarin sterre soos Kersfeesliggies pas? Soms lyk alles dan so donker – selfs die son verloor haar krag. Ons bly soekend na die lig, maar vind alewig dat ‘n skemer altyd êrens op ons wag. […]