LENTE GENADE
As die winde begin draai en wolke van ’n nuwe seisoen die horison bekruip word ligter my hart as die winterkou sy greep verslap en vlug voor die witter son waar ruwe grou aarde oopkraak en die groen van nuwe lewe kop uitsteek en blom kniel ek hande saamgevou op sandkorrels tussen klip en genade […]
VANDAG SE KINDERS
VANDAG SE KINDERS Vandag se kinders, moet respek, vir hulle ouers hê vandag se kinders, wens, dat ouers eerder moet gaan lê ouers, staan altyd op, uit die diepste modder kinders is verbaas, oor hierdie grootste wonder Vandag se kinders, wees lief vir jou ouers vandag se kinders, gee eer aan jou ouers ouers is, […]
Trou is nie perdekoop nie!
Dit is die ou bobbejaan met die veldskoene aan wat sy wyfie vandag agter die bult loop haal Met die kar voor die pêre en ʼn stofstreep oor die berge kom hy van vér oor die wapad aan. Dit reën vandag maar die son skyn flou Jakkels trou vanaand met wolf se vrou. Met sy […]
Sag-sag kwyn
Shhh, rinkel, tinkel klein en fyn met gouelokkies en ogies blou al is realiteit ‘n fees vir nou ‘n feetjie fladder in die tuin Vandag verf sy bloedrooi trane oor winkende golwe
NARREGESIG
NARREGESIG Op die telraam van die tyd word minute ‘n ewigheid waarin ek in jou donker ruim bly hang. In die aantrekkamer word ek uitgevang terwyl ek besig is om my narregesig op te smeer en die verf magteloos faal om die pêreltraan te keer. Lorraine Smit 2005
KOEBAAI MY LIEFSTE LAM
KOEBAAI MY LIEFSTE LAM Kan ek jou maar vertel Ons liefde het vervel En ons pas lankal nie meer Binne die liefde se sfeer Aai, aai, die witborskraai bly in sirkels Al om ons dooie drome draai… Is dit nou fluit-fluit ons storie is uit? My hart het lankal reeds verys Yspaleis, pondok, varkhuis Laat […]
My Lief het van ‘n Vuurtoring af gespring
My Lief het van ‘n Vuurtoring af gespring My hart het bo van ‘n vuurtoring af in die rowwe see geval. Niemand kon my hart weer kry nie – helder lig en al. Die maan het oor my siel geskyn en gesien hoe my hart onder die barnders verdwyn. My hart het diep onder die […]
Die onskuld van walvisse
Die wind waai uit die Kogelberg om oor Stony Point te woed en oor Waaygat hang die stank van walvisvet en -bloed * Maar nóú edeltin die waters, die baai* lê so onskuldig in die mis waar vandag nog net die reste en die spoke van fabrieke is. Die wit klip en die strande is […]