Joviaal
Vandag wil ek my woorde om jou vou alomdeur jou drome huppel ; jubel in jou jywees en menswees jakôna wêna! vir ons vriendskap; sonder mense soos jy sal mense soos ek niks wees. Met opgewekte emosies wil ek laggend my arms om jou gooi jou hart se voorportaal v-e-r-l-i-g met my lofliedere want jý […]
DIE SKEPPING VAN ‘N STRAATVROU
in die eerste straat het sy kaalvoet in knersende koue gestaan – haar lyf verkoop vir ‘n snotvreter en couch potato se voortbestaan in die tweede straat het sy in bose bottels verdrink en voor sy omkap die laaste druppel witblits geskink in die derde straat het sy soms oorgeslaap onder plafonoë se flikker wat […]
Nuwe drome
Somber blou en grys geel en oranje strepe verf flou sonstrepe wat woes in die lug gryp Die nag is lank die wind is koud en ek soek-soek tussen die sterre na jou Op ‘n einde is die winter gister se verliese word vandag se nuwe drome maar vir nou is jy net ‘n stille […]
Dwaalvuur
Ek sou myself vrywillig om die warm gloed van jou liefde vleg; my lippe morfotologies hang aan elke fonomorfiese woord wat heuningsoet oor my spoel. Jou selfs toelaat om deur die sagkant van my sonstrale te bars; om reënboogsplinters te strooi oor die stofpad van my hart. Maar nou staar jy net na jouself in […]
Droomverlore
In die gleufies van my lewe lê flentertjies van jou en bewe, amper het ek heeltemal vergeet dat jou liefde my bestaan afmeet. Ek wou so graag nog meer tyd saam met jou deel pampoenpitte vir jou steel dans in die skadu van ‘n rooikrans sweef oor valleie op die rug van ‘n goudgeel gans […]
Ken jouself
“If you do what you’ve always done, you’ll get what you’ve always gotten” Tony Robbins Sy weet jy wag vir die lig in haar nag, en soene wat soos sterre om jou sal skitter; sy sien hoe jy begeertiglik staar asof die son, maan en duisende planete om haar draai; maar sy sien haarself ook […]
Bont-blom bloes
Dit is ‘n nuwe dag ‘n nuwe bladsy in jou boek ‘n oomblik om te stop om net weer asem te haal Die essensie van nou… en raak stil ‘n tafeldoek met sagte voue en ‘n paar blomme in ‘n groot bak Waar ek deur gister blaai klere wegpak in my laai val my oog […]
VERGETE SE VERLANGE
het jy geweet ek staan nog by die plaas se heining en wag jaar in en jaar uit vir jou om te onthou te onthou van katoen pluk bakstene maak verlang na die vuur se vlamme wat lek en skyn oor jou gesig daardie prag blou oe met pik swart hare waar skynsel kom ruk […]
Woordspatsels: Jy met jou rug na my
‘n Swart maskarastreep is die enigste teken van emosie… Die gebeure kleef soos vingerafdrukke om my hals. Ons albei se gedagtes bind vanaand die horlosie se wysers styf vas. My potloodwoorde stol weer saam met die knop in my keel. As ons eerlik met ink op die buitemure kon skryf, wat sou die wêreld werklik […]
En wanneer slaap die bosbokooi?
Leeus brul in die nag, uile jag, hiënas lag. In lemoenboorde (langs die Limpopo) knal gaskanonne sporadies in die donker. Bobbejane slaap nie. Olifante breek bome af. Voor ligdag roer blouape in Nyalaboomkrone. En teen skemer is ‘n jakkals aan die draf. Die nag is nie gemaak om in te slaap nie. Die nag is […]