My lentevuur
Sonder ultimatums het jy my lief – net soos ek is. Sonder pretensie aanvaar jy my – vir wie ek is. In die ongesproke verstaan wat tussen ons heers, bestaan stiltes gemaklik ongekompliseerd. Soos die laaste noot van ʼn basviool wat vir lank in suspensie in die agtergrond hang, leef die vibrasies van ons harte […]
Jy kan mos vlieg
Jy kan mos vlieg Natuurlik kan jy vlieg saam met die knip van jou oog op ‘n verbeeldingsvlug sonder begrip of verwagtinge mymerend deur die uithoeke van jou heelal. Natuurlik kan jy vlieg al is dt net om jouself van realiteite te red om by die oewer van jou siel gelykenisse te plak teen jou […]
Verdoemlik verdwaal(d)
Waarheen het hierdie pad dan gelei dat sy nou voor die afgrond van nêrens staan en in die verte na niks voor haar staar. Daar was ‘n storm in hom waarin sy haar stiltes moes begrawe toegedraai in ‘n wit wolkombersie moes dit sink s-e-s voet diep. Daarom is haar lag leeg en haar lyf […]
Napeinsing
By ons ontmoeting het ek jou reeds só gevind, my hartslam (verdrietig en bebrose) toegesluit soos ‘n traak-my-niet-kokewiet nooit sou jy kon vlieg, my dierbare ding diep in my siel het jou hart oop geskiet. Ek het gesien hoe jy verdwyn met elke haatvlam van jou hart se aarselende narsitiese klop terwyl jou vlerke ontbind. […]
winter in die Wes-Kaap
die winterwind huil oor kaal gebarste aarde slaan vas teen toe ruite poele lugspieëling water wink blink in ver paadjies daar buite buite mens en dier se bereik ‘n boer val smekend in die stof sy oë moeg na die hemel gestaar tog kyk hy op bring hy steeds lof sy woorde deur die wind […]
‘n Straal van groen
God se vinger pluk ‘n koel bries en sprinkel oor die krummel droëë blare korreltjies goud en silwer towerkrag ‘n herdruk met ‘n nuwe omslag Aan die donkerkant van hoop lê winter koud die vensters is op knip sodat geen onheil daardeur kan glip Langs die gruis vaalpad in die maan se skyn ‘n swart […]
Hoe groot is jou wêreld?
Hoe groot kan jou wêreld wees as jy dit nie meer sien vir wat dit werklik is nie… so staar jy deur ʼn waas vooruit maar fokus op niks nie Toe-oë toegespin toegebou in ʼn kokon Maak jou wêreld hier meer sin lyk dit regtig minder krom? Ingekeer vasgevang aan die draad waaraan jy klou Onderstebo opgehang […]
My winterson
Steel die vormlose skaduwees wat my heel winter lank volg hoor ek hoe verlate krete roep Lenteontdekking … … Somersvreugde … Herfsbegrip Winterskombers … Ek probeer warmte soek onder jou krul’vlerk my lag is nog vasgevang in die ys van my koue lyf Voel ek jou hartklop waar somer skaam sy kop ontbloot breek die […]
Boom van die lewe
van die begin kunstig geweef in sinergie voortgebring uit stof vry om te groei om te wees vrug te dra die asem van lewe pols deur elke vesel elke sel ek is son ek is see ek is maan ek is sand my uitgegiete fonteine deurspoel alle lewe borrel oor in goud van hoop wederbore […]
Laatherfs in Stellenbosch
wyl witstamberke se blare geel raak, die druif se blad tot roesbruin kom die berg se piek so effe skuins leun, geëts teen blou en amperwinterson – pryk amber akkerbome so laatherfs loofverlore, staan straathoek bedelaars in komberse toegemaak en weerklink deur endlersale* sang in vele tale – word pepermossies* uit nuwe monde hergebore © […]