‘n Somer om te vergeet
Somereinde het hy kom groet. Skaars ‘n voet oor die stoep gebaan, half afsydig by die trap bly staan – langs die pilaar wat toe nog geel was. So, asof hy vreemd was aan daardie welbekende plek. Só asof hy van alles wou vergeet. En ek was te jonk om te weet – dit was […]
Diep onder die see
Diep onder die see Diep onder die see blou water kleurvolle korale in jou oë voel dit nader Kaleidoskoop van kleur ‘n ander wêreld beslis watse skatte lê nog hier? kan jy oor wonder en gis Visse groot en klein swem in skole en alleen die verskeidenheid slaan jou asem weg soos die visse om […]
Vrede
Wanneer branders breek eb en vloed onder die maan ryg ek hul een een deur die poorte van my siel om rus en vrede te vind © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Vibrasies van stiltes
Tolbossies talm om my tong terwyl klankbane kolkend om my vibreer (in stiltes se stank) ademloos smag my wankende woorde na klank smekend kruip gedagtes orals binne my rond. Hier buite my hart is alles aan die brand (smeulend-smorend tot die heel laaste uur) tussen my yl-vlammende vuur en elke dag se bitterbessie dagbreek waak […]
Vriendskapsboom
Jou stam het wortel geskiet in die holronde hut van my hart fyn takkies toi-toi om my tong gebladert dans jou groen spore deur die binneruim van my denke my geestesvrugte deur jou aangekweek. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Een middernag in Durbanville
bo Durbanville se strate het die middernagse maan in silwergeel geglinster op haar eensaam wentelbaan en ‘n dikkop met haar kuikens het vanuit die niet verskyn benee ‘n donker hemel – die volmaan was aan’t kwyn haar vlerke het sy wyd gesprei om haar kinders te verskans teen die skerp straal van ‘n koplig wyl […]
Heuning uit die winter kwas
Golwe spoel oor die geraamtes van gister oneindige niks sonder begin sonder end Verdwaalde siele onsigbare bande ‘n onbekende verlange vol dorings van rooi en seer Maar lowergroen en blink van blad die wag-‘n-bietjie-bos … dan gryp ek in die dorings vas Waar soetsuur herinneringe verby my skouer skuur en kleurvol geure my terug tot […]
Kerende seisoen
skarlankenrooi bloeiselbreek my lag deur die klanke van ‘n nuwe skeppingsdag verby die natwimper worstelings van gisterdae wat wou dolosgooi in my hart benede Hemelse vaandels reënboog ‘n wedergeboorte onder hisopstingels wat edik verruil vir wyn dan bars ‘n drie uur duisternis oop in die soel songroet van jou vat terwyl jou mond warm in […]
Winterstuin
Word ek in jou groen luister-bank geplant, wyl jou freud-vingers vroetel aan my kinderwortels. Ontwortel jy sorgvuldig en analities die onkruid en snoei jy my gedagtes tot naak. Staan ek al een; reg om te groei. Met rype refleksie in die poel van my onderbewussyn is my voorgee-vergeet-woorde besig om te verkluim binne-in my winterstuin.