Ek wou nog sê
EK WOU NOG Sê: My woorde het verdamp en my mond was droog daarom kon ek nie se hoe my hart oor jou voel en hoe diep jy in my lê Moeisaam het ek probeer formuleer hoe en wat jy vir my is en beteken maar my tong was lam en onbekend Ek wou nog […]
Te Besig?
Vlugtig is die tyd van die wesens, tydloos die prys vir hulle lewens; klein is die wêreld en kort die besoek, groot is die heelal en lank die gesoek. Souterige soene, waardige woorde, te laat om te eer met valse woorde; gister het gegaan, vandag het gekom, more sal hulle weer bymekaar uitkom. Tot die […]
Om te vlieg
Nou dat jou beeld in my maan skyn (straal-blink oor die wye oseaan) kan ek my vlerke sprei om die donker aan te durf want die soet van jou vingerpunte hang aan elke glansende golf. Ja, nou dat verdwaal my ontkwaal kan ek waag om vry te vlieg – Venus te omsirkel met my mooiste […]
Fases
Augustus se nagblom hang vol in die lug oor sy wang rol ‘n saffraan traan tussen my en hom is daar geen brug; drie maal kraai ‘n hoenderhaan; ñ ek en jy krummel tot stof. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
‘n Ons is geen pond
Na alles wat gebeur het wonder ek nou in my waan, waar presies ek met jou staan; jý, vol in jou sekelmaan, sou my nooit kon verstaan enkel in my eenvoud (kompleks in jou duet) soos gister se son sonder ‘n baan wentel jy rond sonder bestaan duister belig of laag gelig terwyl jy dryf […]
Selfs nóú dat jy weg is
… sal olifante – swaar van voet – steeds teen rante en oor vlaktes loop, en sal hul sagte hout en purper bas van kaaltaak kremetarte stroop. … sal ‘n kolgans vlug deur skemer lig en kwêlaswerms oor die water vee. ‘n Grootlangtoon sal weer sirkels vlieg, die kiewiet (dalk) ‘n bietjie harder skree. … […]
Noudat jy weg is
sal olifante – swaar van voet – steeds teen rante en oor vlaktes loop, sal hul purper bas en sagte hout van kaaltak kremetarte stroop. Langs die waters van die groot rivier sal koorsboomstamme immer groen. Mopanieblare sal tot roes kom soos dit maar elke winter doen. Die reier en die ooievaar sal nog visse […]
‘n Tyd en ‘n doel
Suis stil die geruis van die boom sag en strelend in my ore wanneer die skemer spoel oor ‘n lente droom Proe reeds die onkeerbaar soet in die bries van die wind en ek ruik die bloeisels in die vroeë oggend uur Soos seisoene draai in die heelal se sterreskyn trek die wingerde groen mantels […]
My Eiland
Diep binne my lê ‘n klein eiland van klei hier stof tyd my altoos af hou ek my soms so bietjie laf glip oor die rand van jou swaar vrag. Diep binne my versoen ek myself met die ware jy dans ons in ‘n draaikolk vol drome loop ons ook saam deur storm sterk strome. […]
Die hyser huil .
Ons wag en die hysdak huil onnatuurlik. Oop gaan die deur en dan weer toe. Whoo-hoo reis die hysbak na onder. Die ewige suis geluid voorspel n onheil whoo-whoo. Geduldig, angstig wag ek vir vroutjie se beurt van aankoms. Intensief is die lokaal waarlik, met misvormde muursketse. Gepas vir n plek van lewe en dood, […]