Klein Rook
Klein Rook Ek was skaars sewe jaar Ek het my pa se sigarette gewaar Dit was ‘n groot lus Wat ek nie kon blus Ek sit een in my mond Steek hom aan soos ‘n lont Met ‘n gehoes en ‘n geproes Was die rook in my longe woes Laat in die nag Word ek […]
Depressie
Depressie Die depressie Is ‘n lelike kwessie Dit het toe weer gebeur Ek stel my vrou teleur Ek voel ek word mal Die gevoel kom gereeld Al is ek nie verveeld Miskien is ek mal Die herinneringe kom terug Van ander kant die donker brug Ek sien nie meer die lewe se mooi Ek sien […]
Rose pienk en Jakarandas pers
Rose pienk en jakarandas pers, ek sing vir jou ‘n bloublomvers van laventelbos en roosmaryn, van lelies geel soos die son se skyn. Malvas bloei in die bloedste rooi. Dis die swartoognooi wat flikkers gooi – oor die heiningdraad rank haar ranke groen sy kleur haar blomme in ryp lemoen. Die muurblom wat so eenkant […]
Bloedmaan en blues
Had ek maar net die woord’ kon vind om ‘n vers vir jou te skryf in daardie koue voordag uur, dan sou ek oor die maan wou praat – vroeg die oggend – minute net na vier. Ek sou jou kon vertel hoe roes ‘n maan kan rooi (neffe môrester wat flikkers gooi) en dat […]
Oggendrit – terwyl jy slaap (lentegedig vir Klarissa – 2016)
In Brackenfell se middedorp – langs die spoorlyn – is ‘n vlei waar rommel tussen riete rus en roomwit Aronskelke aan die modderwal gedy. Daar lê wolke op die horison wat van grou na goud skakeer en die grysheid van die blouberg wys – hier en daar – in krans of piek daardeur. Dis ‘n […]
Gebreekte stukke
Die een se slinger spoor word dof tot waar dit wegloop in die stof soos koeӫls plof die reӫn druppels neer Die winde hoes gebreekte stene en sinkplate dans in die strate blomme leef in ‘n plastiek pot die wӫreld is ‘n gekraakte dop Dis die lewe, dis hoe dit werk sonder wind wat golwend […]
My ma se huis is bottergeel
Mamma, in jou tuin is daar ‘n plek waar die son opkom. Sy vly haar strale teen die mure van jou huis, haar lig vloei by jou kamers en jou gange in. Snags blink die maan bo jou woning – ‘n vol maan wat nooit sy glans verloor nie. Sterre dans en strale krans om […]
Die Vensterskildery
Hier in my werkhuis met die gedurige gedruis van sy ysterlong. Die temperatuur konstand. Die sonnetjie glimlag warm oor my voete en hier, in my glaskokon, pronk ek soos ‘n magrietjie in die son. My hobbelperd wip heen en weer agter die blink toonbank waar ek regeer; en ek sien: in my glasventerskildery; bruin geel […]
Die nagroep van die natuur
‘n sekelmaan wat langsaam hang die stilte van die die nag se sang klink iewers in die nanaguur die lied van die natuur stil stil roep sy uit na jou “raak tog net rustig” fluister sy trou duidelik oor dit wat ons moet hê soos moedernatuur se naglied sê stadigaan raak haar fluisterstem stil die […]
‘ Kersfeesgroete
Helder somersonskyn wens ek vandag vir jou. Dat elke oomblik van Kersdag met liefde om jou sal vou. Dit is die dag van Jesus ons redder en ons Heer. Weet dat Hy in sy almag ook oor jou pad regeer. Dit is Jesus van Betlehem, van Nasaret en Golgota. En as dit om jou donker […]