Klitsgras
Klitsgras Ek sal jou nooit ooit kan vergeet nie al wil ek die verlede met een veeg uitwis want as liefde in ‘n moeras versink of versand en vervlak op niks uitloop moet die herinnering dieselfde pad loop en skoon uit jou geheue verdwyn, maar dit klou en kleef hardnekkig soos lastige klitsgras aan jou […]
~ Inner stryd ~
~ Inner stryd ~ Chianti robynbloei deur kristal wyl ek maansteen splinters deur my vingers vleg, amorfies wag tot nag sy heerskappy teen dag besleg. Smaal sinies oor die oeroue stryd tussen lig en donker wat deur die kraak van tyd bloedspuug op ‘n veldslag in bodemlose aarde binne my. Chanson de geste draal teen […]
HITTEGOLF
Die son hang stil hoog, slaan teer dampe uit strate, bak grond tot dor stof, beroof die land van sy vog en tap ons van alle hoop. ©HMellet
Vind nie fout
As jy nie in die skoene staan van een wat sy weg wil baan, en sukkel om regop te staan, sal jy dit nooit kan verstaan. Jy mag dalk sterk van gees, en in persoonlikheid, wees, maar twyfel kan daar wees en dit, dit knak enige gees. As jy sy las dra, kan ook jy […]
Droogte
Met ‘n traanlose gehuil oor liefde, en verlore in onseker handelinge, soek hulle vir rede, vir antwoorde, vir die lyding en hul ewige smarte. Benoude tye en angstige gesug, wandel hand in hand oor ‘n brug, gebou deur die wat wil wegvlug, weg van die klug wat denke belig. Vrede, met sy hande uitgestrek, waai […]
La vita è bella
‘n jongvrou het om middernag in die strate van Parys kaalvoet deur die dorp geloop die lug was koud – soos ys haar rok het oor die grond gesleep (in koningsblou fluweel) terwyl sy op haar ou kitaar ‘n lank vergete wysie speel daar was sterre in die hemel en die maan was ambergoud al […]
Lampe en Kerslig
Lampe en Kerslig Vanaand is die ligte so onnodig helder en skerp met geen lamppit om die vlam dowwer af te draai of ‘n oogvriendelike sagte beskeie kersliggie in sig nie – – – Ek verlang na die ou karaktervolle pragtige paraffienlampe met hul sierlike lampskerms wat ‘n ontspanne atmosfeer van hul eie kan skep […]
Ek is bang
Ek is Bang Dit gebeur met jonk en oud, daarom is ek bang vir beroerte, alzheimer, seniliteit, bang, bang, dat ek my helder verstand eendag verloor en dat ouderdom my brein gaan aftakel want my denke en rede omsluit my hele menswees en bestaan – – – Sonder dit is ek lewenddood en kan verbaal […]
‘n Terugflits van lank terug
Gelees in jou oӫ so lank terug ‘n leeftyd se drome het nog vir jou gewag Jou stem was toe nog woorde jou lag ‘n lied jou gesig ‘n skildery Die oggend het sy kop uitgesteek die wingerde lӗ kaal teen die heuwels verwelkend vernietigend versmeltend En ek vra die die Here om my hart […]
storm en vrede
wie praat met ‘n stem diep soos die donder soos ‘n leeu wat brom en brul? wie kom in die nag sluipend stil soos ‘n dief sy vuurwaens in hul glorie op die wolke! wie verlig die wanhoop van nag soos ‘n weerligstraal! wie roep oorwinnings eggos uit vanaf die kranse troon wie sweef oor […]