Droogte
Droogte Wanneer die nuutgebore oggend arriveer tint dit verweg vlakte einders en hoë bergpieke en omvou dit met ‘n rosige kleed want die nag het sy swart mantel geleidelik opgerol wyl die daglumier se herout met hanekraai die natuur oproep tot ‘n hoopvolle aubade wekroep elkeen se lied en wysie na eie aard en spesie […]
Ode Vir ‘n Ander Lewe
Ode Vir ‘n Ander Lewe 2016 snel ten einde en ek wil dit nie weer oorhê nie want ek wil nie weer by vriende se siekbeddens staan nie of by die oop graf of verassingsdiens nie Ek wil nie weer hoor of lees van al die wrede moorde, stakings, korrupsie, oorloë , hongersnood, droogtes en […]
Een vroegaand in Desember
vyf flaminke oor die swart rivier hoe blink blink die blinkwit maan hoog bo die vuil van vaal fabrieke en die grys van die teer wat daarnaas baan sewe ganse teen die silver lug reeds lê die son in die see ver onder meeue op hul skemer vlug en ‘n brug wat sement oor die […]
Jou foto-album
Hoe mooi was jy, toe jy jonk was, Ma so ongelooflik mooi jou wange was so rosig jou lippe, liggies rooi. Jou hare was gelok, Mamma oor jou skouers en jou rug op die foto (toe jy 14 was) dit was baie jare terug. Jou glimlag was so soet, Mamma voor jul huis hier in […]
Herstel Die Status Quo
Herstel Die Status Quo Verhuis, is alles skielik so verweg – – – Die winkels poskantoor en posbus is verder, die dokter, veearts, en vriende bly nie meer naby of binne loopafstand nie vir alles moet jy perdopsaal, en gaan kuier jy by diegene wat ‘n bietjie nader is, vind jy dis té ver om […]
Vryval
Vryval Die tyd spoed jaareinde toe en galop toomloos al vinniger soos ‘n wilde mustang ongebreideld met geen stang in die bek om in te teuel en die spoed ‘n bietjie te laat rem nie – – – Almal begin op te pak, sake word afgehandel, die lessenaars raak skoon, die skole het gesluit en […]
AMETIS
“Ametis” het jy gesê toe rinkel klank soos klippieklokkies deur my lyf en kleur my wêreld pers en violet en op daardie oomblik breek die dag se grou en word ‘n vonkeluur vol lank gelede se onthou. * Pa leun teen die deurkosyn in sy hand, ‘n bruin kardoes. Ek laat die steentjies tuimel in […]
Wat kyk Mamma?
Ag, ek kyk maar deur die ruite na die blou lug en die wolke ek kyk sommer na die bome en hoe die winde daardeur waai. Ek kyk weer na die teerpad en die lamppaal voor die huis die tuin (wat bietjie droog is) en na die kiewiet en die kraai. Ek kyk tot waar […]
Ewige Rots
Ewige Rots In ons lewens was daar baie figuurlike klippe van groot betekenis — Hoe dikwels het ons vir mekaar ‘n klip uit die pad gerol — Hoe dikwels was die klipharde hart onvergewensgesind toe dit ‘n hand van vriendskap moes reik — Hoe dikwels word ‘n mens geteister deur klipharde kakofoniese musiek en geraas […]