Takke van my hart
Die perfekte oomblik is jy die stukkies van ek en die stukkies van ons en verder hou ek net aan met brand Uitgekerf op graniet ek staar weer voor my uit na die see so onstuimig nes my hart vol verdriet ‘n Gedeelte van my hart glimlag sommer so sonder rede maar soos bome bestaan gedagtes […]
My gantang
My reis het in jou lyf begin daar waar die tortelwoorde van jou sagkyk en trekke van jou mond omgang plant in sagte aalmoes-grond. Minnegedigte sonder tal word in jou bloed ontgin want jy’s my einde en ook weer my nuwe begin; my mallemeule wat rondomtalie spin. Jý ja jy’s die gantang van my binnekant […]
Sy voel…
Sy strompel deur haar trane Weet niemand hoe sy voel? Sy drink uit die verlede: Liefde, asem,overspoel. Sy struikel oor sy woorde. Weet hy nie wat hy vra? Sy wonder oor die toekoms; Kil, stil, vreemd en kaal. Sy storm in die donker. Bly die nag vir altyd koud? Sy sing haar eie melodie. Eensaam, […]
Kersfees
Kersfees Verjaarsdag, genadedag, dankbare vreugdedag om ons van sondeskuld sonder klag in gehoorsaamheid kom bevry en die ewige lewe te kry – – – Van oudsheraf die skisofreniese naasbestaan van geweld en die Ireniese van hosanna en kruisig Hom, maar Sy koms bring genade vir sonde en vrede in ons harte sonder rede of verdienste […]
Blinknat gisters
Ek mis die pad huistoe verlang-verlang na die eggo’s van ou herinneringe Die jaar is verby dit het goeie en slegte tye gebring die slegte word gou verlede lankal vergete Ek loop verby flenters van oud verberg in die stil geheim van gebeure en ek weet ons tye saam was goud Al die stukkies lekker […]
Arendsvlerke
winde van verandering lig swaeltjies op die winterwind na vreugdevolle sonskyndae en maatjies wat na liefde vra nou hang ek hier in grys en grou die koue om my toegevou my vlertjies is geknip o Heer lugstrome vloei verby my seer ek sien die swaeltjies sweef en speel my vreugde net ‘n tafereel my hoop […]
My Baby-Bekkie-Blom
My Baby-Bekkie-Blom Ek sien vanaand die maan groei aan die horison En die oseaan spoel heen en weer Soos jou liefde dring deur die stormweer My Baby-Bekkie-Blom Die winterwind waai warm deur my hart Ek voel jou nou naby, hier by my en jou verlangwoord wat die wind na my toe aanwaai (teen my vaswaai) […]
Hoop is ‘n lentevoël
As jy ooit drie-uur in die môre wakker lê (soos jou ma) onthou, my kind onthou dis net ‘n uur of twee voor die voëls weer sing net ‘n uur of drie voor die son haar eerste strale bring en jou nag in dag omtower. Ek hoop jy wéét . . . daar sal altyd […]
Erns Of Ontspanning
Erns Of Ontspanning Soveel lesers soveel generes en literatuursmake – – – Iemand lees en geniet jou geskrifte maar baie gaan dalk nie – – – Waarom stel ‘n mens dan jou diepste gedagtes bloot aan onsimpatieke lesers is dit erns of ontspanning, gevoelsontlading en goeie afleiding en terapie vir ‘n oorspanne gemoed of het […]