Tot stof
Tot stof Ryg my mond toe met die fynste garing: ‘n spinnerak teen die gang van tyd. Vee die son uit; dan die maan, hang leë kolle in die opelug, vleg waaigras om my enkels – ‘n koue vlam in die wind. Laat my uitbloei – in ink op wit – ‘n padpredikant op sy […]
Kersfeesdag op die plaas
Kersfeesdag Op Die Plaas. Dis die dag voor Kersfees die yskaspoedings word gemaak en ryk gebakte poedings staan bottergeurig klaar – – – Vleispasteie en skaapboude word klaar berei en die hoenders vroeg kersoggend met braai – aartappels en die groentes, daar is baie wat moet eet saam met die plaaswerkers – – – Ons […]
Die reën is in die rym
Vanoggend koer die duiwe weer in kanon in die Kaap. Die populiere langs die boulevard se blare kroon in eindjaargroen. Maar daar by jou is dit net sand en kluit en klip. Ek wis jou hande hunker om oor die halms van lang gras te streel, jou palms – om ‘n pluim van saad te […]
Feesseisoen
Feesseisoen Die tyd staan nou vinnig jaareinde se kant toe en mens voel ‘n beklemmende onrus aan in die gejaagde , koorsige spoed om alles betyds af te handel – – – Kontrakwerke moet klaarkom want die fabrieke moet sluit en alles tot stilstand knars vir die vakansie en feestyd – – – Vir baie […]
Toe Jy Myne Was
Toe Jy Myne Was Ek sit en tik ingedagte met die lepel teen die melkskommelglas in ons hoekkafeetjie by die strand mymerend oor ons kuiertjies hier lank gelede toe jy nog myne was en ek wonder of jy nog onthou – – – Strandlangs het ons hand aan hand in die vlakwater gestap en die […]
Spikkels van goud
Bly nog ‘n rukkie vra jy so mooi vir my nee mammie ek moet ry dit word donker daar buite Dit is jou verjaarsdag vandag en ek kyk terug op die veld van goud maar jou spore lê dof in die lang gras Jou beste jare die mooiste tye opgekrul in ‘n windpomp se wiel […]
Eindelose Swerftog
Eindelose Swerftog. Daar is ongeduld en ‘n koorsagtige onrus want die wind waai vanaand weer so opstandig en sterk deur die bome soos eeue se opgehoopte alleengelate asems wat opstandig en force opruk en takke en vensters ruk en pluk en asmaties rebels deur noue kosyne en vensterrame blaas en onverrigtersake snuiwend onvergenoegd voortgaan om […]
‘n Duisend seemyl
“Soms stap en stap en stap ‘n mens… ‘n duisend seemyl…na niks” Ek stap ‘n duisend seemyl. Na waar herin’rings roep. Weëmoed fluister sagkuns. Gedagtes teer en soet. Ek vlieg soos blits deur strate. Vergeet, verwoes, verlang. Verbete teen die skadu’s. Die aandwind maak my bang. Ek vaar deur goud van gister. Na Kammaland se […]
Somerson
Blink in die lug. Vasegevang in ‘n draaikolk. Leef in die melkweg.