Balsemreën
God se balsemreën val op kale klip verskroeide aarde word geseën deur God se balsemreën wat oor die barre aarde ween verwese skape by ‘n leë krip wat dankbaar staar na God se balsemreën wat oor swartverbrande aarde drup
Die olifant en die blindes
Lank, lank gelede het daar ses blinde mense in ’n klein dorpie gewoon. Op ’n dag het een van die inwoners opgewonde vertel dat daar ’n olifant in die dorpie is. Omdat die blinde mans nie geweet het wat ’n olifant is nie, het hulle besluit dat “al kan ons dit nie sien nie, laat […]
Tot ek jou weer sien..
Ek het my hart by jou gelos, sodat jy hom kan vashou en koester. Want soos ‘n dief in die nag, het jy hom kom steel, en al breek daar donker wolke voor my, sal ek dit nooit met enige iemand ander wil deel. Elke keer as ons soen, wanneer ons lippe mekaar passievol ontmoet, […]
Êrens in NAMAKWALAND
Êrens in Namakwaland Op die poskantoor „Ja, meneer Bosman, dis dan sewe-en-twintig Rand ses-en-vyftig. Ons rond op op sestig.” „Dankie meneer Kumalo. ‘n Kwitansie asseblief.” „Seker. Totsiens en groete aan die vrou en kinders, hoor.” „Dankie. Ok so. ‘Siens!” „Goeie môre. Ek wil hierdie pakkie na oorsee stuur. Is daar…” „Sorry Sir, you must talking […]
In die glim van die môreson
Vroeg vroeg is ek wakker en wurg met die gedagte dat ek nog ń dag sonder jou moet wees Ek stoei met my hart wat net vir jou liefhet wat elke dag hoopvol wag vir die kans dat ons eendag bymekaar sal wees Oortuigende woorde het my vas laat glo dat jou liefde vir my […]
NAGWIND
Kom nagwind, sag en soel kom sing my aan die slaap vanaand bedaar die dag, laat die aarde afkoel die groot wakker hou hom weer verwaand kom sing my aan die slaap vanaand waai die vaak oor my oë, vryf die sterre blink die groot wakker hou hom weer verwaand doof die stemme uit, laat […]
Koledans
Die lank na nanag kole gloei dof in skakerings van geel, oranje, rooi, in ‘n ligblou – geel vlamme dans oor die lengte van die stomp, Soos die hardekool verbrand. En jy, jou baadjie om jou vastrek teen die koue, blikbeker vol warm koffie omvou met jou hande, luister hoe die jakkalse jou vertel… wat […]
Die Ontwaking
Soos ‘n sonneblom ontwaak jy… giggel geel in die oggend jou glimlag na die son gekeer… gesig omraam met donker hare, en ‘n sagte kyk wat sê… goeiemôre … ek is hier
NAWEEK: Olifante
NAWEEK: Olifante Vroeër het die mense geskryf. Ek meen op papier. Álles was toe hardcopy, daar was niks soos „stoor” en copyandpaste en al die dinge wat ons nousedae het nie. Vroeër het mense koerant gelees en boeke en soiets, nie soos nou nie. Dit was die eerste inleiding, die tweede volg: Soos by die […]
Hou die mooi
“Though we travel the world over to find the beautiful, we must carry it with us or we find it not – Ralph Waldo Emerson” Só staan sy toe staar na die sterre skitterend oor die donker nag; een vir een pluk sy hulle sit dit in haar sak, want soms is die dag so […]