grim of glim
senuagtige grim-trek outomatiese glim-lag aangenaam verras trek senuwee saam verskyn daardie skaam-genotvolle-glimlag is dit erkenning of weersin is dit da ja voux senuweedrade kry nie vals boodskappe nie oubaas brein, solank hy heel is, gee net weer na aanleiding van sy gestoorde data maak hy dan die beste antwoord en stuur dit onversteurd […]
Ek word gedra (Goud)
Ek word gedra Die diagnose gryp my hart met sy ysterklou, my werwels erodeer, my knieë brand met vuur; my pols se skroewe weer los, sy vashou vou, my lyf word stukkend, onbeheerbaar, guur. Daagliks wroeg ek in ’n maalstroom sonder rus, my rug vou krom, my skouers dra die swaar; met elke operasie wat […]
Herwin
http://herwinning van ons ek het jou vergeet tussen die plastiek van gejaagde dae waar ons woorde soos bottels onherroeplik leeg weggegooi is maar ek het begin om jou te herwin met hande vol stilte en oë wat weer leer kyk sonder oordeel sonder haastigheid ek het ons uit die asblik van versuim gehaal met nuwe […]
las
vanoggend is my duin in troebel water versink winde loslappie heen en weer miswolkies skeer oor branders heen argelose seemeeue pluk krappies uit hul sandheuwel huisies vlieg hoog op en los val krap kerplop so is die beste van my gedagtes vireenselwiggend vanself opgesmuk binne raamwerk van my liggaam se druk sukkel […]
Gesweef in duisternis
oor waters van chaos wanorde woestheid leegheid vestig Agape Sy almag wentelbaan Sy alomteenwoordigheid binne die sirkel van Sy heiligheid getoonset in die oneindige meetsnoere van Sy genade oerknal Agάpē O-rdeskep en R-itmepatroon ’n D-iversiteit van E-kologiese sisteme uit chaos ——-oo000oo——- ©Pieter Mostert
darem
die wind waai darem nie lente het darem uiteindelik gekom die winter was darem baie erg hierdie jaar die aanhoudende koue was darem te dik vir ‘n daalder so darem ek aan oor my duin ek kyk terug na die kasarm van wit gehuggie-huisies wat teen die duine opgroei elkeen met sy eie inkommer-bewoners […]
Parlez-vous afrikaans ?
alors parle un langage pur ons oude taalgebruik verhaal en herhaal pas aan by die gees van elke geslag se wees vandag is spreektaal opmerklik vol anglikaans taal behoudenheid onbespeurbaar koud daar is ‘n “slang” in die gras ons trotse taalegte eeu-oue gras is dit “die regte ding om te […]
skurwejantjie
ouvolk, jy lyk vanoggend soos ‘n skurwejantjie wat brom jou woorde vroeg al soos ‘n gordelakkedis vol krappe en skulpe wat sny diep onder jou growwe vel weet ek lê daar ‘n hart, koudbloedig maar ook soms sag en teer van liefde hang net af van prikkels om jou jou kraalogies tuur […]
dagboekfrustrasie – (Silwer)
Dagboekfrustrasie – (Silwer) hoe gereeld moet my linkerhand die middellyn kruis teen balans indruis om my dagboek oop te vou ‘n poging om gebeure vandag kristalhelder neer te pen toevertrou aan immer hulpvaardige hotklou gedagtes genadeloos versluier deur die slepende spore van inksmeersels van links na regs verewig om gisters vlekkeloos […]
sleutelbord-konsternasie – (Silwer)
sLeuteLbord-konsternasie ti – ke – tie – tak sLeuteLs kLap o n r eëLm a t i g pLoeterende pLig hande oorkruis makLik kwansuis frustrasie druis wanneer 1 2 3 4 5 vrede v e r d r y f spertyd wreed kyf verkeerde […]