Guillain-barré
As die groot boom van die Libanon ‘n klaaglied huil en oornag ‘n reus se krag ongevoelig kom steel is daar nêrens ‘n plek waar my warboel emosies kan skuil wrang kronkel my gedagtes deur ‘n verwronge druiweprieel. Deur die kosbare silwerkroon, fluister skeefgetrekte woorde op die lispelgange van kromgebuigde takke vorm letters; (dom) in […]
‘n Hofmaak Lied
O’ my geliefde, jou oë is duiwe en hulle lag! Jou lokke warm en sag soos mossies jou hare is donker golwe wat troos en bekoor, jou glimlag hemels vroom en heilig betower en verower, vertel van raaisels en van verborgenheid en diep geheimenisse. Jou rok is kosbaar sonder prys, valleie en elke skakering groen […]
‘n prinses se minnelied
dans jou hofmaak in koorsige sirkels sien dit oral warm liefde is altyd lewe is geskenk volmaak en heilig kom dans dans die dans met my! omhels die fees en viering van liefde! oë oop vir die pyn vir die vreugde jou lewe is die vrugte van jou hande elke geboorte skenk ‘n nuwe siel […]
‘n Oogwink.
Dis Woensdagmiddag. Pas na ses vanoggend het ek my sitplek bespreek. Byna presies vier-en-twintig uur voor die vlug. Môre is die dertiende. Nie ’n slegte dertiende soos die bygelowiges glo nie. Inteendeel, ’n heerlike dertiende, want sien, ek is besig om te pak en gaan môre by my Bokka in die Afrika-bos kuier. Vir ’n […]
Kyk, kyk net!
Kyk, kyk net! Ons sit buite en volg wolke en windrigting soos die windpomp se vlerk draai Mens en dier kyk biddend op want die wolkestapels lyk belowend en pragtig met sierlike boë en kartels maar die weer dreun egter so halfhartig in ‘n binnensmondse verweg gemompel maar dit lyk asof die wolke gaan saampak […]
My Lentehart
My Lentehart Fisies verouder ek wel maar ek het ‘n tydlose lentehart wat nooit verouder nie en steeds verlustig ek my in die skoonheid van die natuur, van woord en lied, en ek groet elke rosige sonopkoms met vreugde Elke kleurvolle sonsondergang hou vir my die belofte van ‘n nuutgebore dag in, en as die […]
Droombeelde van jou
Wanneer ek terugstap op die strand van herinnering in sproei wat opwaai oor klip en sand Breek ‘n brander oor skemer strand brand gister se onthou teer in my gemoed Jy staan in die seewater en ek voel soos die rotse langs jou drome ligvoet in vlug Sluipend geluidloos tot dit wegsmelt in die duister […]
Staan blootshoof ʼn leuen….
Ek het vir jou gevra, hoe seker is jy? Jy het gesê, die verlede is verby Sag slaak ek ʼn sug van verligting en raak weer bly maar deur die stralende son staan blootshoof ʼn leuen…. Myle het ek gery, voet in die hoek die spietkop gil en bande rol voort gedagtes strek ver, verder […]
Hy het sy maat gevind
Hy het sy maat gevind – – – Dis volmaan en kort kort vlieg die donker skaduwee van ‘n uil voor die helder maanskyn verby en skielik swiep ‘n vlermuis geluidloos neer op ‘n fladderende mot Jy gril, en trek die kombers instinktief onrustig stywer om die skouers en ril by die veraf huil van […]
Ek Soek Vreugde
Ek Soek Vreugde (Deut 12:18 en 16:11 en jy moet vrolik wees voor die aangesig van die Here jou God, oor alles wat jy jou hand aan slaan) Ek is so moeg vir al die daaglikse ellende van dwelmverslaafdheid, huweliksontrouheid, en al die hartseer afskeid, siekte en dood dag, vir dag, vir dag, vir dag- […]