EK STUUR VIR JOU ‘N N (natuur) -POS BRIEFIE
Ek stuur vir jou ‘n n-pos briefie goud getint met die son se oorskot skilfers en die volmaan se oopbek lag by my kamervenster in Ek klik en stuur ‘n ja-woord toe die son my nooi om te gaan kyk waar hy homself in die nag se skadu’s in die krake van die randjies bêre […]
Drome
DROME Jou droom is dood. Jou ideaal tot niet. Jy is verpletter en verslaan. Al wat ‘n deur is, het net toegegaan! Jy duisel teen ‘n muur. Daar’t niks meer oorgebly – geen poort wat na vervulling lei. Maak oop jou oë. Kyk om jou rond. Daar êrens in die duisternis is nog ‘n skrefie […]
Legkaart
LEGKAART God plaas ‘n legkaart voor jou neer, die stukke deurmekaar: Jou lewensprent moet jy nou bou. Jy soek en skommel, pas. Tussen die donkerte en lig neem die patroon ‘n vorm aan. Uniek is die patroon. En dan: Die kleur verdiep. Die pyn verdiep. Dis seer, o Heer ….! Kan ek nie maar van […]
Teen Wil en Sin
Teen Wil En Sin Die oproep was ‘n groot verrassing so uit die bloute want jy het gedink jy is lankal vergete— Eers die uitruil van wedersydse welstand van eie persoon en familie afgehandel, volg vraag en antwoord, informasie en reaksie— Het jy geweet so en so is oorlede? Nee nee, liewe aarde nee, wanneer? […]
In die koelte van ‘n krom Karee
In die koelte van ’n krom Karee sprei lappieskombers en vonkelwyn Malmiere baljaar in smeltsjokolade want die wind het wilde woorde woes, warrelend weggewaai na wye wildvreemd’ oorde In ‘n vrotskuit op die spruit met slegs een enkel spaan sypel water deur die bodem wyl Rooivink kwetterend skree op die riffels van die water – […]
GLIMLAG
Gly die mis van die nag in die valeie van vergete weg stap die oggend se son ligstrale saam met die Kerkklok se lang arm wyser die hoofstraat met ‘n glimlag in Die nag se sweet hang aan traliewerke by vergete monumente glimlag vir die skaduwees en laat ‘n dros druppel handskud met die aarde […]
GENEES MY – SONDAAR SE GEBED
Nederig Heer val ek oor die sondes van Eden my erfstuk nederig Heer soek ek U genade deur geboorte uit U Gees Kaal gestroop van al my aardse kastele vervalste mure deur U Liefde afgebreek kaal gestroop en stukkend aan U deurboorde voete stil verslaan Kyk my nie verby my Heiland vergewe my my dade […]
Amber
Amber sak die son weg in die oseaan. In afwagting bekruip die nag die horison en ’n nuwe seisoen sal uitbroei as die son weer opkom Amber rus ons liefde, in afwagting dat dit weer ontspring, soos ou sade versprei, verspoel en verwaai terwyl die herfswind deur ’n tapyt van blare kattemaai. Amber sterf ’n […]
ALLETTA BOONZAAIER HFSTK 11
Na n redelike stil week is ek Saterdag oggend vyf uur op en aan die gang. Na n vinnige stort is ek in die Land-Rover om Cindy en ma Aletta te gaan oplaai vir ons naweek op Jakkalsfontein. Pa Piet en ma Annetjie gaan op hulle eie en Cindy se ouers ook. Die dames is […]
VIA DOLOROSA – DIE PAD VAN PYN
Lag-lag skinder lag verstoot, bebloed stap die Timmerman deur Romeinse kleiteëlpaaie na spykers wat op Golgota lê wag Die uitverkore nasie spoeg en jaag die donkie met uitgedroogde palmblare weg spoeg beledigende woorde dra Jou eie kruis Skarlaken gedrapeerde mensgemaakte soldate jaag die nasie weg van Pontius Pilates Barnabas verkore geen spykers vir sy hand […]