As ek (1) …
as ek ‘n lovesong vir jou skryf en dit vir jou sing sal jy ‘n strik om jou hart bind en dit vir my bring
Blou koevert
Toegevou en eenkant geplaas, en omhul met ‘n mistieke aura bring dit die onbekende nader, geheime dra dit met hom saam. Dit roep vreemde gevoelens op waar dit wag om gelees te word, verborge, toegeplak, versteek tussen die lyne is ‘n boodskap. Daardie geheimsinnige koevert is nie gevul met leë woorde nie, want die posstempel […]
‘n Ewigheid en nog ‘n bietjie
my oog druppel ‘n liefhê traan in die wye oseaan ‘wyl jou asem minnebriewe stuur na die sekelmaan waar dit eggo op ‘n spierwitduif se tortelbaan hoe lank my lief sal die naglug vra en die bruis van die branders sal my antwoord dra ‘n ewigheid en nog ‘n bietjie daarna © Anzé Bezuidenhout
Stil woestyn verlange
Swerf my gedagtes na ‘n droӫ woestyn met jou glimlag in my hand voek ek hoe die verlange brand My hart soek ‘n oase waar hy kan rus in die verte sien ek jou glimlag en ek weet daar is koelte en water vir my siel Strompel ek vorentoe na jou lag en waar ek […]
My leef se rede
in die eggo’s van die jasmyn se reuk skil jou koesterwoorde, sag in eerbied (soos reukwerk wat deur my vingers val tot by die poorte van my hart se grendeldeur) sò bind jy my vas in jou heil’ge Jabesgebied dan kom sypel dankiesê (ge)bede as uitbreek- metafore, deur my lippe se keerwalle want die wasem […]
Droë blare binne my.
Ek dink ek moet ’n vuurtjie maak. Nee, nie vir braai nie ook nie om my te help ontslae raak van die ontydige klouende koue binne my nie maar om die droë blare in my tuin te brand. Droë blare binne my. Droë blare wat al die geheime seer en al die geheime kwaad wat […]
3401 KOM BETHLEHEM TOE
Koos Lourens is glad nie lekker toe hy die oggend in Bloemfontein loko aanteken vir die huis toe rit met trein 71 nie. Die hartseer oor die afskeid van sy geliefde 2878 lê nog vlak in hom. Nadat hy aangeteken het stap hy met sy blik oor loods toe en voel hy sommer hoe sy […]
Dié eensame vrou
Soos die son sy sak, sak en die nag weer sy gesig kom wys. Kan ons vashou aan ‘n belofte, die een waarvan Dawid in Psalm 23 praat, want Hy is tog dan ons Herder, wat ons elke dag en nag beskerm. ‘n Klomp duiwe kom dan gelyk af aarde toe gevlieg, van vêr doer […]
Visvanger
ek sien jou sit in neonligkantore en staar deur ruite die uitsig is so vaal maar jy hoor steeds die stormreën en donder en op die dak die gekletter van die hael jy neem jou vlug oor hemelhoë geboue oor vuil teerstrate en bruê van beton tot waar die son skyn oor somervelde en […]
BY DIE DAM
‘n Lelie treë uitspatig op die hoogste maan se sport, spoel swierig in die warm Oktober aandwind rond, en buig uitspatig voor die amfibieë toeskouers op die ronde bekerblare, terwyl ‘n uil opgepof alles stil bekyk. ‘n Kriek krap vasgevang in ekstase sy skurwe pote teenmekaar, in die aandbeeld se refleksie wat tydsaam afskil van […]