Jongste aktiwiteit:

ProjekteJunie 2016 – FAK projek(Page 2)

Hierdie maand het ons ‘n opwindende projek wat elke kultuurvraat tot onder die kraag opgewonde sal maak.

Ek plaas 5 FAK liedtitels hieronder waaruit jy een moet kies en dit as titel vir jou gedig/kortverhaal/rubriek moet gebruik.

Dit is ‘n totaal oop kategorie (vryevers, vir die digters) en jou aanbieding kan in enige styl wees sonder voorskrifte. Let asseblief op behoorlike leesteken gebruik, spelling, taalgebruik en ‘n neologisme of twee sal ‘n aanwins wees.

Wees oorspronklik met jou inskrywing.

Aangesien ons van titels uit die FAK Sangbundel gebruik maak, gebruik asseblief ‘n asteriks [*] langs die titel en verwys dan in ‘n voetnota: [*na FAK Sangbundel: (titel naam)]

VOORGESTELDE TITELS:
1. Kammalandse tannie
2. Sing jy van blomme
3. Pollenys
4. Die hiefel en die fiefel
5. Bosveldhuisie

Ek sien uit na julle oorspronklike werk.

Skryf lekker, in INK, in Afrikaans!
Projekbestuurder

My ouma het altyd die mooiste rose in haar tuin gehad sy kon ure lank met hulle praat en elkeen het ‘n naam gehad Sonskyn was helder geel hartedief bloedrooi cherrie pienk en haar mooiste roos ‘n spierwitte waarmee sy haar diepste geheime kon deel ‘n Roos is soos die lewe soet en geurig maar […]

Onder ‘n groot ou akkerboom staan ‘n verlate huisie klim eensaamheid teen die houttrappe op Weemoedige trane van die reӫn spat teen gekraakte ruite kruip verlatenheid onder ‘n gesplinterde houtvloer weg Hier waai die wind deur jou oӫ dans alleenheid deur vervalle spinnerakwalle in die stof Langs die pad tussen die soetdorings staan die wag-‘n-bietjie-bos die […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed