Jongste aktiwiteit:

ProjekteJunie 2019 projek(Bladsy 5)

Beste INKers

Die Junie-projek het met ‘n koue briesie sy tuiste op die INK-webtuiste gevind.

Hooftema: Personifieer “Winter” in jou skryfwerk.

Personifikasie: Voorstelling van ‘n ding of ‘n begrip as ‘n persoon m.a.w. ons gee menslike eienskappe aan lewelose dinge. Langenhoven het die TYD as Vader tyd gepersonifiseer. Byvoorbeeld die wind huil, die lente trek haar bruidskleed aan.

• Gedigte:

Nie langer as 16 versreëls nie.

• Verhale:

Nie meer as 500 woorde nie.

• Rubrieke:

Wend humor in jou skryfstuk aan.

Nie meer as 250 woorde nie.

• Artikels:

Koppel die hooftema aan enige onlangse nuus.

Nie meer as 200 woorde nie.

Onthou asseblief om jou woordtal en jou stertoekenning langs jou titel aan te dui saam met. Geniet die projek!

Laat ons saam jou in Afrikaans lag.
Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Groete

Groete
(Die nuwe) INK-moderator

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

as engele die oranje blare skommel staan die littekens bar en leeg sonder lewe – sonder vrees in die winter se oggendlied wat kraak in gelid die droefheid van wraak wat nes onder die kou’ wintergesange falsetto deur die ysige lug wat kristalspore laat onder kleurvolle einders wat dans in die lig op woorde wat […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed