Jongste aktiwiteit:

ProjekteMaart 2019 Projek(Bladsy 2)

Beste Inkers

Met hierdie projek gaan ek vereis dat julle dink-hoede op sit.

Ons gaan in Maart stoei met die term: Intertekstualiteit.
Intertekstualiteit is doodeenvoudig net om nuwe betekenis te verleen aan ‘n reeds geskrewe teks.
Slaan die volle omskrywing daarvan ná om seker te maak jy verstaan dit vóór jy jou skrywe aanpak.

DIGTERS:
Identifiseer ‘n reeds gepubliseerde Afrikaanse gedig en skryf jou eie deur van Intertekstualiteit gebruik te maak.

Reëls:
1. Die aantal lyne en vorm van jou vers mag NIE verskil van die bronteks nie;
2. Jy MOET die bronteks saam jou plasing insluit. Onthou om melding te maak van wie die outeur is;
3. Jy moet twee oorspronklike neologismes skep vir jou vers en dit onderaan jou vers aandui. Jy mag die definisie daarvan ook meld maar dit is nie ‘n vereiste nie;
4. Jy mag enige bronteks gebruik solank dit in Afrikaans geskryf is.

VERHAALSKRYWERS:
Vind jou gunsteling kinderverhaal en gebruik dit as bronteks om ‘n eiesoortige weergawe daarvan te skryf. Name van karakters kan verander, die storielyn moet anders word, maar, die leser moet steeds kan identifiseer watter bronteks gebruik is.

ARTIKELS:
Skryf ‘n artikel oor die belangrikheid van diverse menings in die samelewing en waarom dit belangrik sou wees dat nuwe idees ontwikkel word om en oor ou geskrifte.

RUBRIEKE:
Gebruik die menings van enige filosoof, sielkundige ens. en ontwikkel jou mening daarom.
Maak genoegsame verwysing na die persoon en sy/haar stellings sodat jou leser die draad van jou eie mening kan volg.

GORRELS:
Verduidelik waarom dit belangrik vir jou is om jou eie oortuigings te laat uitdaag, al dan nie.

Dit is ‘n heerlike taak hierdie maand en daarom hoop ek soveel moontlik sal hieraan deelneem.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Afrika-pyn Ons strompel deur Afrika-stowwe, ons breek, ons skend en verwond – ons geskiedenis rus swaar op ons skowwe waar ons leef op rooi Afrika-grond. Ons haat klink teen Afrika-kranse, ons vloek en ons skree en ons raas. Ons skuil agter self-opgerigte skanse, staar blind deur ‘n rassehaatwaas. Die Afrika-son skyn rooi oor Afrika-kinders, maar […]

SKEMERMENSE Bymekaarmaak-klik van wol en penne buigend krom oor kieries, versamel soos swaels voor die winter, of net na reën en kry hul koers, tydsaam haasloos Tokke-tokke, skuifel-skuifel elk na sy eie vier-muur nes, eensaam klink ‘n kreun of kug die nag daal skemersag steek viervoet voor die gange vas net af en toe ‘n […]

Eksamen dit is kakofonie wanneer jy bang verwilderd kantel deur die nag tussen die bladsye van hoofstuk vyf se Klimatologie; die lêboor van die wyfiesprinkaan klop haar eiers stelselmatig stoot tot in die veilige vesting van jou dop- jy sien die dood as Franse Revolusies bloedloos stol sodat die lewensiklus van die mielieboorwurm in die […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed