Jongste aktiwiteit:

ProjekteMei 2021 – OOP projek(Bladsy 5)

Beste INKers

Ek wil graag die geleentheid gebruik om vir elkeen van julle, wat getrou aan die projekte deelneem, dankie te sê. Met elke bydrae verbreed jy die veerkragtigheid van Afrikaans; met elke woord, sin en snede blaas jy asem in die longe van INK. Jou harde werk gaan nie ongesiens verby nie. Dankie.

Mei maand lei weer vir ons `n ope rondte in.

Alle afdelings:
1. Daar is geen voorskrifte nie.
2. Geen vasgestelde tema nie.
3. Ek wil tog almal aanmoedig om nuwe woorde en idees te ondersoek.
4. Proeflees jou werk vóór jy plaas.

Sterkte, en geniet elke oomblik om in Afrikaans te skryf.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

wye lens kyk ek oor die see van oos na wes streep wit branders heen en weer in reëlmaat opgewen soos die klanke van ‘n wals – wat ek sien neem visueel op bêre dit vir die oudag van swak sien herhalende beelde van mooi en rein soos die musiek van ‘n refrein – in […]

in houtdorstige spel van stroomsproei wemel die blydskap oor baldadige mosgroei volhardend jubellend kabbellend ‘n drenkeling wat sopnat, bibberend stoei oë gretig gerig op toegewyde roei tog droogtong verbaas, eie siel wat bloei sproeineus nuuskierig beslissend dié stroom laat soms merke wat boei deursigtige watergordyne nooi om alles in die borrellende vreugde te gooi © […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed