Jongste aktiwiteit:

ProjekteMei 2024 – OOP projek(Bladsy 5)

Beste INKers

Ek het onlangs ‘n heerlike aanhaling gelees, en alhoewel ek nie suksesvol was om die outeur te identifiseer nie, wil ek dit tog deel:
“Jou bestaan is soos die eerste dag van my lewe in die koudste winter.” – Onbekend

Nou dat ons so op die welkom-mat van die winter staan, hoop en vertrou ek dat die “bestaan van Afrikaans, en die voorreg om in haar klanke te skep, is soos die eerste dag van jou lewe in die koudste winter.”

Hierdie maand is voorskrifloos en so oop soos ‘n winterlandskap op die Vrystaat vlaktes.

Skryf jou hart oop; laat die ink vloei!

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Groete eers
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE ’N GEDIG IS NIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.

Wat bring vandag die veld is koning ongerep met saadsoldate sonsopkoms wat met ‘n goue mantel groet goeiemôre sê die dag totsiens vir nog ‘n lewe nog ‘n witkruis in treurgrond bloed deurweek die wenakker was dit die einde gemerk met kakiebos die stilte versmoor die heelal ha-di-da vlieg histeries weg mielies staan geboë geknak […]

JY WEN                                                    INK   geplaas Ek kyk op na die kuiltjie in jou ken en weet dié rondte het jy gewen, jou stem diep, ryk… laat sewentig jaar se pyne wyk. Jy sit weer die huppel terug in my stap, jou pittige sê-goed en vrolike lag kom lepellê hier diep in my hart. Marthie Joubert

sonnetjie kam deur die bome se krone bleekgeel grashalms wiegie windverweer voëls twiet-twiet benoud heen en weer in die naak-bleek takke van bome se krone wind spoel deur die vingers van die son winter kantel sy mantel oor aards blad kraak-swiep sy voete oor die blaremat web die herfs in sy ysige kokon fladder-flap die […]

soos ’n droom kruip winter uit die dagboek van seisoene en poets haar skoene witter-en-witter-en-witter met die ryp se gryp totdat hulle sneeuwit skitter sy vlokkiespoor met grasie oor die landskap prentjie ’n volmaakte komposisie onder yl heuningstrale van die son se missie meesterlik uitgebeitel lê skitterende landskapsvisioene gedagboek in lig en skadulyne van die […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Coenraad Lid se profiel foto het verander