Jongste aktiwiteit:

ProjekteOktober 2021 – Akrostiese projek(Bladsy 2)

Beste INKers

Hierdie maand gaan ons die Akrostiese kuns in ons werk ondersoek.
In Akrostiese digwerk sal die eerste letter in elke sin ‘n spesifieke woord versteek.

Dit is nie juis gebruiklik in Prosa nie maar ek gaan probeer om daardie afdelings ook bietjie interessant te maak.

U opdrag dus:

DIGTERS
1. Skryf ‘n akrostiese gedig waar die woord “Oktober” of “Oktobermaand” jou “versteekte” woord vorm.
2. Ek deel ‘n hieronder ‘n voorbeeld:
Onder die eike
Kruip woorde
Tussen blare weg –
Ons stil stories
Bedel ‘n weer-hoor;
Elk’ vokaal
Resoneer amper kaal
Metafories vaal,
Amper asof
Asemweg en lugloos
Niks meer heel en mooi
Daaruit gebaar kan word nie.
©Inkmoderator

GORREL:
Leipoldt het beweer, in een van sy gedigte dat Oktober die mooiste, mooiste maand is. Ek wil hê jy moet met hom stry in jou gorrel dat dit nie waar is nie.

ARTIKELS:
Oktobermaand word jaarliks in Duitsland gevier. Skryf ‘n goed-nagevorsde artikel oor enige jaarlikse fees wat op enige plek in die wêreld gevier word.

RUBRIEK:
Skryf ‘n rubriek oor hoe jy reeds in Oktober bewus gemaak word van dat dit amper weer Kersfees is.

VERHALE:
Skryf ‘n verhaal waarin een van jou karakters se naam “Oktober” is.

Skryf in Afrikaans; dit is die gaafste ding wat jy vandag sal doen.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

(Woordtelling 609 – Silwer) Ugh, Kersfees… Maar nee wag, daar is niks fout met Kersfees nie, maar die oormaat blink balle, stringe en stringe tinsel wat grillerig beweeg wanneer jy daarby verbystap, plastiek bome – van piepklein na dakhoogte-groot, sommige sommer klaar versier met strikke en liggies, irriterende klingelende musiek, is als genoeg om my […]

Ek het nog altyd geglo die mensdom is na-apers. Tropdiere met ‘n voorloopskaap. Dit is ook al oor en oor bewys. Kyk nou maar hoe maklik hang almal “slim sêgoed” aan. Iemand raak byvoorbeeld op ‘n dag digterlik en raak iets kwyt soos “Oktober, die mooiste, mooiste maand,” en dit kos net een oplettende digliefhebber […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed