Poort na gister (silwer)
geen dekor is nodig om die toneel op te kikker nie die ouwêreldse eenvoud is genoeg net die plaashek en die uitgetrapte tweespoorpad my poort na gister waar ek deur kon sien maar nie kon beheer nie onopgesmuk maar nie moeiteloos nie o die louter nostalgie van ‘n vreemd-bekende werklikheid van dit wat was en […]
Resep vir geluk
(Woordtelling : 1166) 5 fyngemaalde naeltjies ‘n Knypie vars gerasperde vrywillige diens 1 opgehoopte lepel bewustheid 2 stingels groei-ingesteldheid ‘n Koppie liefde 1 Eetlepel lag Meng als saam en bêre in ‘n lugdigte houer. Neem daagliks een teelepel van die mengsel sodra jy wakker word. Dit is so maklik om gelukkig te wees, […]
Wanneer roosblare val Goud
In stilte vorm kleindruppel liefde op die palm van my hand; Rooi roosblare in die stof en sand Jou stem huiwer in die fluister van die wind verdoof deur die kluitklap op die kis wat jou hier wees kom betwis ek wil vasklou aan gister, maar uit my hand val rooi roosblare in […]
net ek en jy en die see Goud
verweerde vissershuisies eggo jou bestaan ek delf in ‘n gister wat lank nie meer bestaan nie soutwaterspeeksel vlek die duine deinsigwit ‘n tuimeldans van korrelsand klou aan my kaalvoetspore vas die see spoeg slykgrasbraaksel teen roesbruin rotse aan en in die verte spookskim ‘n vissersboot teen die spieëlbeeld van die maan Amanda dm
Mensehandel, ‘n moderne vorm van slawehandel.
(Woordtelling : 901) Die onlangse verdwyning van die sesjarige Joshlin Smith het opnuut die lig op kinderontvoering en mensehandel geplaas. Daar het reeds ‘n maand verloop sedert haar verdwyning en oënskynlik kon geen spoor nog van haar gevind word nie. Drie mense, onder andere Joshlin se ma en dié se kêrel is in aanhouding […]
Pastoriehondpenarie
Pastoriehondpenarie Geskryf deur Fanus Strydom 1827 woorde ** Kragwoordwaarskuwing: hierdie verhaal bevat enkele, gekruide woorde en terme wat deur sommige, sensitiewe lesers as vloekwoorde beskou mag word. Indien dit u sou ontstel, moet asseblief nie verder lees nie. Dankie. Die Skrywer. “E….oop daai…..ou ….is….aak..!” Die man storm so vinnig op my […]
Die dood van ‘n kind 530 Woorde Goud
Debatteer die dood van ‘n kind. Sy was so bitter klein Here. Die mensie hier aan my bors vasgedruk. Hoekom Here? Die vrae worstel deur my kop. Wat het ek verkeerd gedoen? Waarom sy? Dan stoot hulle die tweeling per abuis my kamer in. Dit skreeu binne my. So onregverdig Here! Hoe kon U! […]
My Oupa-pa 1500 Woorde Goud
Oupa Potch. My pa se bynaam. Ek het nooit die voorreg gehad om ‘n ouma of oupa te ken nie. My pa was 61 jaar oud toe ek gebore is. Self alreeds ‘n Oupa en toe skielik pa van ‘n laatlam dogtertjie. Dus weef ek maar my verhaal om my Oupa-pa. Die bekende spookstorie verteller […]
Sending Verlangekraal 2229 Woorde Goud
Die klein Volkswagen kewer spoeg ‘n paar keer voor hy sluk-sluk tot stilstand ruk. Rookwolke borrel by die uitlaatpyp uit en laat ‘n paar keffertjies vinnig terugduik onder die rooi palisades. Karlien ruk die handrem op toe die motor vanself agteruitbeweeg. Sy skrik toe ‘n skaduwee geruisloos oor haar gly. Die opdrag was duidelik. […]
Bosveld kaskenades 364 Woorde Goud
Wanneer jy op ‘n plaas in die boendoes bly is jy op jou wakkerste as die honde begin skel en raas. Dit was ‘n lekker warm somersdag. Die myn het al die grond rondom ons begin uitkoop en meeste plase was al omgedolwe. Marikana, stof strate en bos. Verlate en woes. Al wat reptiel is […]