Jongste aktiwiteit:

Liefde

onherroeplik lê die liefde
soms verskans in baie opsigte
agter traangevulde oë en diepte
grynslag gevind in baie gesigte

wonder soms of hul weet wat liefde is
tog beleef jy agter daardie toe gordyn
‘n versteekte glimlag wat net wil wys
groepeer hordes verskillende pyn

in kinderlaggies wat deurbreek
ogies wat staar soekend na aanvaarding
werk my gedagtes om hartseer
kleine bloetjies leef in verwerping

maak ek myself wys waarvoor tog omgee
verniet was al die bestee word alles uitgevee
tog vind ek myself in die grootste liefde
deur die onsigbare gegee in diepte

bring dit sonskyn en vreugde diepe vrede
met al die eina’s rondom ander
word hul pyn ‘n deurnis in liefde gegewe
ervaar hul tog iewers ‘n lewe kan verander

strompel trane wat biggel oor wange
wanneer vrede uitborrel in een se seerkry
vind hul tog, liefde lê nooit verskans
op verskillende maniere word dit verkry

glimlag kom stil in vreugde
onomwonde bly liefde die grootste geskenk
in vrolikheid, hartseer, seerkry en pyn gegewe
hardgebak of nie liefde oorwin in gedenk

©Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed