Jongste aktiwiteit:

MOEG

Wil Facebook al weer weet: What’s on your mind?
Ek is so flippen besig dat ek al vergeet het ek HET ‘n mind!!
Ek was vloere, ek kook, ek was wasgoed
Ek raas omdat die skoon goed nie weg gepak word nie
Ek moun oor vuil kamers
Ek was skottelgoed, ek kook
Ek verduidelik Wiskunde
Ek skryf Gr 9 en Matriek
Ek doen take
Ek was skottelgoed, ek kook
Ek worry oor ek so dik is
Ek som EBW (Ekonomiese Bestuurs Wetenskappe/Besigheidstudies) op
Ek ry om rekeninge te betaal en dokumente te laat beëdig
Ek was skottelgoed, ek kook
Ek was wasgoed
Ek design ‘n brug en bou die landcape waarop dit staan vir Gr 9
Ek doen navorsing vir ‘n Kunstaak en ‘n LO taak vir Matriek
Ek dink aan my klaargeskryfde boek wat nog nie gepublish is nie omdat ek nie tyd het om met die editor te praat nie
Ek counsel iemand een maal ‘n week
Ek drink ‘n glas wyn
Ek was skottelgoed, ek kook
Elke dan en wan help ek my pa en ma in hulle tuisbesigheid, want hulle raak nou seriously net te oud vir die harde werk (My pa sê hulle sit in God se wagkamer, want die Bybel sê die jare van ‘n mens is sewentig en as jy sterk is tagtig – hulle is albei nou 75)
Ek wens ek het tyd om jewellery te maak
Ek wens ek het tyd om bietjie te verf of in te kleur
Ek wens ek het tyd vir naaldwerk
Ek was skottelgoed, ek kook
Ek kry nie tyd om in die tuin te werk nie
Ek spuit maar die goed nat wat lyk of hulle aan’t vrekke is oor die min aandag wat hulle kry
Ek moet nog my ma se windchimes vir haar fieks
Ek wil graag my naels vir ‘n slag doen
Ek help om mondeling voor te berei – Engels vir Gr 9 en Afrikaans vir Matriek
Ek bel die seuns om te hoor hoe dit gaan
Ek ry apteek to om griepgoed vir Jenn te koop en Antibiotika en pain killers vir Billy, want hy het ‘n tand laat trek en het infeksie in die gat
Ek kook, ek was skottelgoed
Ek vat Mellow (Nuché) se woefie VET toe om haar te laat reg maak, want ek is nou SOOOOO oor puppies en puppy poop en piepie wat die hele huis vol is, dis nie eers snaaks nie
Ek tel die dooie duif agter in die erf op
Ek was die kombuis asblik
Ek soek in al wat ‘n sakkie of rakkie groente is vir die iets wat so stink in die kombuis
Wat eet ons? vra die kinders
Ek kook, ek was skottelgoed
Ek was Tristan se skoolhemp en Sokkies sommer gou met hand uit – ek hoop Frans het nog onderbroeke en kouse, want ek het vyf dae laas die wasmasjien aangesit
Ek skrop die bad, wasbak en toilet
Ek wil weghardloop, maar ek is te moeg
Ek moet bietjie my pelle bel wat ver bly: Maine, Christellie en my Leentjie…
Ek moet bietjie vra hoe dit met Altie gaan
Ek gee my nommer uit om speeches te skryf vir redenaars vir ‘n paar ekstra tiekies
Ons finances lyk soos iets wat by ground zero was die dag toe die twin towers neergestort het
Ek moet onthou om vir Tristan drie-uur by die busstop te gaan haal
Frans werk shutdown – ek moet dink dat dit vrek om elke dag vir hom genoeg in te pak vir twaalf ure (hy is ‘n diabeet)
Ek moet onthou om die twee kinders terug te vat vir hulle ystertoetse… hulle het ‘n chroniese ystertekort – ek doen nou navorsing oor eating for iron
Ek drink ‘n glas wyn
Ek vreet ‘n tjoklit
Ek is dik en ongeskik – ek sal ‘n plan moet maak
Ek moet onthou om Namakwaland Daisies te saai teen einde Maart anders gaan die tuin maar oes lyk – hoeka is die Vrystaatse winter so vaal
Wat eet ons vanaand?
Ek kook, ek was skottelgoed
Ek is baie moeg,
en BAIE BAIE blessed




2 Kommentare

  • Ano

    Ek wil net laat weet ek hoor jou! Bietjie "validation" vir die feit dat mens soms heelwat meer op jou kerfstok het as waarvoor mens energie kan opwek. Jy mag maar die verantwoordelikheid vir sommige van daardie (skool)take teruggee aan jou seuns. (Ek se maar net...) Die een hand was die ander, elkeen dra sy deel by en kry aan die einde van die dag 'n lekker bord kos wat met energie voorberei was.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed