Jongste aktiwiteit:

My Lente

My lente

Ek lig my gesig hemelwaarts.
Die belofteson laat die nat spore
van gister se seer
verdamp.

Die son steek ‘n nuwe drif aan in my
en
my oë gaan oop.

Ek is bly Vader Tyd het dit so bewerk
dat ons einde aan die begin van die lente is.
Na die dood van ‘n koue winter
Begin daar nou nuwe lewe uit my hart se sade bars.

Wanneer die somer kom, sal die bloeisel
wat die lente aan my skenk
ook ‘n vrug word –
en gedagtes aan jou
die pit in my kern.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed