Mynwerker Pappa
Kan ek jou kom vertel van ‘n kosbare man?
Wat elke dag moes werk vir sy lewe se plan.
‘n Man wat sy brood in sweet moes verdien,
Wat die lewe op ‘n anderse manier kon sien.
Geleerdheid was nie agter sy naam,
Maar vir harde mynwerk was hy nooit skaam.
Elke dag in donkerte sy hande skurf gewerk,
Met arms gebult, ferm en sterk.
Moeg in die rusbank neergesak,
Met “gumboots” en vuil overall pak.
Voete lam en seer, vol blase en voue,
Van harde handewerk in die myngat se koue.
Ek salueer jou my pa, jy wat met trots kon leef!
Jy het my geleer om na ‘n toekoms te streef.
Al het die lewe jou min gebied,
Het jou eenvoudige leefwyse waarde uitgegiet.
Paula Paxton©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.