Jongste aktiwiteit:

‘n Stukkie van die Hemel

beleef ek dit nou of beleef ek dit later
gewis is daar nie ‘n nou of ‘n later nie
want my keuse is gevorm in nou en later

‘n stukkie van die hemel het vorm gevat in my
want hier op aarde beleef ek die mag van satan
om elke hoek en draai aan keuses nie gemaak

uit die mag van gewoontes beleef ek elke mens
vasgevang in die web van satan volgelinge
maar gewis wil hul nie daaruit klim nie

‘n stukkie van die hemel het vir my oop gegaan
die oomblik toe ek my eie keuse maak om
God se genade brief oop te maak en te ontvang

diep in my hart het ek Hom Jesus in genooi
met mond hardop belei hier is ek, ek wil
ek benodig U elke oomblik om my te lei

wonderbaarlik groot het dit geword die oomblik
toe die hemele oopgaan en Jesus rus vind in my hart
word die besef groot niks kom naby dit

‘n stukkie hemele openbaar Homself aan my
met die wete Hy hier binne in my kom woon
vergifnis het Hy gegee en die ontvang groot

met die Almagtige genade en krag kom
beskerming groot maak nie saak wat gebeur
hy tel my op keer op keer in Sy belofte

groot is Sy hand aan wie jou keuse gelaat word
as dit God is ewige beskerming en ewige lewe
in satan sal die dood skuil en ewige hel

maak jou keuse vandag nog niks later nie
want aan jou keuse lê dit gewis by God
in storms of in vrede uit gedeel vir jou

Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed