Jongste aktiwiteit:

poëtiese kierie

in deining van see
is daar ‘n kierie wat swaai
wat golwe aanwys hoe en waar
so het die wind ‘n rigting aanwyser
wat haar wys waarheen om vog te bring
net ou mense loop tog met kieries
behalwe dié wat siek geword het
dit nodig het om regop te bly
maar elke mens het een
net party gebruik
dit nie juis nie
soos lou water
wat in tee sakkies
gegooi word en nie trek
of koffie met koue water
so is diegene wat hul kierie
versmaai tot die dag
dat hulle sukkel
gebruik jou
kierie
voor dit
te laat
is
en jy
nie meer
behae daarin
kan vind
nie

©Teárlach




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed