Sê Nou Net
Sê nou daar was iemand
vir wie ek regte woorde sou kon skryf
wat regtig omgee, sommer iemand
wat my sommer net ‘n drukkie sou wou gee
sommer net vir sommer
die lewe is nie vir sissies nie,
maar jinne ek mag droom…
sê nou net daar was iemand wat my regtig bemin
sê nou net als was regtig hartjies en liefde
sê nou net alles in briefies was waar
sê nou net….
maar sê nou net is ‘n lekker sê
alles wat ‘n mens wil hê
maar hê is mos ‘n wetterse sê
wat harte vol van leë wense
oral op die agterpad laat lê…
© 17/07/2011 Anton Bosch
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.