Jongste aktiwiteit:

stoere boer

 

 

stoer is nie stug

boerdery nie ‘n klug

onvoorspelbare groep

lewensbedreigende beroep

stewig, ferm en sterk staan hul

man, vrou en kind ; fors en spesiaal

al woon jy in die stede vandag

lê jou hart nog in die grond

duur gekoopte plaasgrond

met bloed en sweet

stoere ontwikkeling

van agterlike bestaan

tot die toonaangewendste

landbouers wat bestaan

dekades lank vermoor

verguis in politiek

verloon in wese

maar nooit

verslaan

 

Ó Tearlach.

StoereWat sterk, stewig en ferm is. Gebruik: • Hy is ‘n stoere man met ‘n klein hartjie. Sinoniem: • ferm • fier • fors

Stug: Onvriendelik, styf en nie tegemoetkomend

Om te boer: n Boerdery op ‘n plaas onderhou; landbou of veeteelt beoefen.

Die Boer : is ‘n geskiedkundige term wat verwys na ‘n etniese en kultutele groep met spesifieke morele waardes, taal, gewoontes, strewes en geloof.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed