Fases
Augustus se nagblom hang vol in die lug oor sy wang rol ‘n saffraan traan tussen my en hom is daar geen brug; drie maal kraai ‘n hoenderhaan; ñ ek en jy krummel tot stof. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
‘n Ons is geen pond
Na alles wat gebeur het wonder ek nou in my waan, waar presies ek met jou staan; jý, vol in jou sekelmaan, sou my nooit kon verstaan enkel in my eenvoud (kompleks in jou duet) soos gister se son sonder ‘n baan wentel jy rond sonder bestaan duister belig of laag gelig terwyl jy dryf […]
My Eiland
Diep binne my lê ‘n klein eiland van klei hier stof tyd my altoos af hou ek my soms so bietjie laf glip oor die rand van jou swaar vrag. Diep binne my versoen ek myself met die ware jy dans ons in ‘n draaikolk vol drome loop ons ook saam deur storm sterk strome. […]
Inkubus
The thermometer of success is merely the jealousy of the malcontents – Salvador Dali Sy moes haarself ook ontvorm; vasgevang in die vlaktes van vergetelheid (in ‘n rustelose misnoegde droom) moes sy met swaar voete wat stadig slapend sleep- soos een wat met dooie vlerke probeer vlieg treetjie-vir-treetjie vorentoe stoei; om haar oogkorrels oor die […]
Tussen seisoene
Terwyl ek die son se strale deur my hare trek, treetjie-vir-treetjie deur die somers van my lewe stap staar ek verdoold na dié vergete plek; sy soene het my indertyd reeds ontsnap. Winter het barbaars en hard geskop met kil krete wat kleefkoggel soms wou ek die vlaktes in galop, maar die kosmos het geril […]
RESENSIE: Die Medikus, film en boek
Die oumense het altyd gesê dat mens éérs die boek moet lees en dán die film gaan kyk. Nie andersom nie! En hoekom dit? As mens die film eers sien, het jy beelde van die storie ingeprent gekry wat bestem hoe jy die die boek moet sien en begryp. Sê maar byvoorbeeld Johnnie Depp speel […]
Die BERG
Die BERG In die hoë berge van die Westerse Ryk was ‘n klein dorpie waar die boertjies gesukkel het om ‘n bestaan te maak. Hulle het hard gewerk en geswoeg, maar wat hulle op die mark in die stad daarvoor gekry het, was maar min. Bowendien was daar ‘n berg tussen die dorpie en die […]
Wat vir ‘n TOWERY
TOWERY Midde-in die diepste winter waat ‘n knapie deur sneeu wat hom tot aan die heupe reik. Hy kry bitterkoud en soek êrens ‘n skuilplekkie tussen die bome van die woud. Net as hy uitgeput wil neersak, gryp hom ‘n klein mannetjie onder die arms en trek hom in ‘n donker gat tussen die wortels […]
Wag ‘n bietjie (apologie aan Totius se vers: Die Godsbesluit)
Ek dink jy pas soos wind in my hare asof iemand steel oor ‘n harp se snare en klank my holtes met die walms van jou adem want onder dié sluwe seisoen se sang babbel almal Babilonies sonder om te bloei, maar jou woorde wals s-t-a-d-i-g om my wêreld — eenkant in my koue winter […]
Die see se sang
Die see se sang Die see sing so saggies vanogend bruisende branders breek ritmies getui-in getui-uit getui-in afgestomp teen die storms binne my miskien kan ek hier rus en vrede kry die wippende water maak my seer stil buigsaam soos die branders, breek my wil. Sjoe-sjoe ritmies eentonig heen en weer daag die stille oseaan […]