Kriekesang
Drie uur in die môre oor die nag se walms in palms sing ‘n kriek triestig van verdriet krr-krrr-krrr-tjie-krr sy liriek word spasmodies met wanstaltige note – geen antwoord op sy skree – maar eensaamheid sleep hom mee ritmies tik dié nag verby vlietend ontbind my gedagtes v-l-u-g-t-e-n-d dit bring my t’rug na jóú my […]
Om weet te leef
Jy weef vir my ‘n mat so sweef ons hoog bo die grond oor dale, oor berge, hoog bo wolke. Jy sing vir my ‘n lied wat eggo’s vleg om my siel beroof my ruimtes van stiltes so neurie ons saam met die wind en dans in die strale van die son. Jy skilder vir […]
Adelike siele
Jy was dom om na haar toe te kom in haar hart te kruip eeue lank te wag, g-e-d-u-l-d-i-g agter haar dofste eng spieël kadawers van dieselfde klawers narkoties in die walms van jul stiltes hou jy aan om haar siel uit ‘n skulp te mes met jou segende vingers liefkoos jy elke primadeeltjie van […]
Jy kan mos vlieg
Jy kan mos vlieg Natuurlik kan jy vlieg saam met die knip van jou oog op ‘n verbeeldingsvlug sonder begrip of verwagtinge mymerend deur die uithoeke van jou heelal. Natuurlik kan jy vlieg al is dt net om jouself van realiteite te red om by die oewer van jou siel gelykenisse te plak teen jou […]
Verdoemlik verdwaal(d)
Waarheen het hierdie pad dan gelei dat sy nou voor die afgrond van nêrens staan en in die verte na niks voor haar staar. Daar was ‘n storm in hom waarin sy haar stiltes moes begrawe toegedraai in ‘n wit wolkombersie moes dit sink s-e-s voet diep. Daarom is haar lag leeg en haar lyf […]
Napeinsing
By ons ontmoeting het ek jou reeds só gevind, my hartslam (verdrietig en bebrose) toegesluit soos ‘n traak-my-niet-kokewiet nooit sou jy kon vlieg, my dierbare ding diep in my siel het jou hart oop geskiet. Ek het gesien hoe jy verdwyn met elke haatvlam van jou hart se aarselende narsitiese klop terwyl jou vlerke ontbind. […]
Vibrasies van stiltes
Tolbossies talm om my tong terwyl klankbane kolkend om my vibreer (in stiltes se stank) ademloos smag my wankende woorde na klank smekend kruip gedagtes orals binne my rond. Hier buite my hart is alles aan die brand (smeulend-smorend tot die heel laaste uur) tussen my yl-vlammende vuur en elke dag se bitterbessie dagbreek waak […]
Vriendskapsboom
Jou stam het wortel geskiet in die holronde hut van my hart fyn takkies toi-toi om my tong gebladert dans jou groen spore deur die binneruim van my denke my geestesvrugte deur jou aangekweek. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Woordspatsels: Die seun in die grootmens-stewels
Die verkeerslig waarsku en my bande stol gehoorsaam. Plakkate en halwe bokse skree om hulp en pleit vir my genade. Ek vroetel en kyk ongemaklik weg… (Wanneer moes hy sy blokkieskombers propvol liefde verruil vir ‘n goiingsak vol gate?) Hy staan armsalig, aangepak deur stof en moegheid en almal se vuilkyke. (Hoeveel weeg mensewaarde vandag?) […]
Om te vlieg
Nou dat jou beeld in my maan skyn (straal-blink oor die wye oseaan) kan ek my vlerke sprei om die donker aan te durf want die soet van jou vingerpunte hang aan elke glansende golf. Ja, nou dat verdwaal my ontkwaal kan ek waag om vry te vlieg – Venus te omsirkel met my mooiste […]