Bloed-voos
Kanker-vrot-vretende wortels van verwerping pluk stukke vleis uit my siel se seer Vertroue word verpletter en met bloedspatsels gesmyt op die grond neer Geroeste doringdraad lemme en stukke vleis peel uit die wond Waar die allesvretende vraat lag met ‘n bevlekte mond Iewers wapper ‘n flenter-voos selfbeeld soos ‘n plastiek sak aan ‘n doringtak Geloof, […]
Ek wens … {dat wense waar word} …
ek wens ek het geweet ek wens ek het verstaan ek wens ek kon sin maak waaroor alles gaan ek wens ek was ‘n siener ek wens ek was ‘n iets ek wens ek kon reënboog toe ry op ‘n tandem fiets ek wens daar was ‘n uitweg ek wens daar was net raad ek […]
Nag’kringe
Van hier tot daar lê ‘n pad sonder ophou en ń nagtegaal se roep wat my in die nag wakker hou Hy soek die swart stilte in elke donker hoek selfs wanneer die maan sy strale teruggooi sal hy aanhou roep My drome en….die nag! wat om my toevou huig ek na ou sinne waar […]
Die stilte verslind
Herfs ‘n stil belofte van winter kyk ek na hierdie skoon wit stuk papier en ek wens ek het insig gehad om my daarmee te versoen Dit is die stil die stilte wat daar vӗr in die lug hang wat my gedagtes vas vang In die ongehoorde stomheid skyn die son lou in die lug […]
Binne ons self …
iewers in die wêreld is daar ‘n land van rus ‘n land van vrede en liefde, een vol lewenslus waar bome ritsel as die wind sy takke streel waar blomme oopgaan voor die son se geel wie weet waar daardie land is die plek van sielevrede en rus wie weet waar die soektog moet begin […]
My dagboek oor jou (5) …
My dagboek oor jou (5) … Vandag lê my hart kaalvoet. Sommer hier in die grondpad wat langs die huis verbyloop. Kaalvoet omdat daar niks is vir ‘n bietjie beskutting nie. Kaalvoet sonder enige verweer of beskerming. Hoekom? Ek het ‘n boodskap van jou gekry om te sê jy weet nie of en wanneer jy […]
Skulphart
Groen gly uit my oë wanneer ek stip na jou staar sien ek jou skulphart voel ek jou skulptraan brand in my skulphand Ek is ‘n donsie wat aan jou wense vasklou. in duisternis, ‘n fluisterstem in jou oor jy wat al my krake wegtoor maar ek bly ‘n spook wat verby jou toer Ek […]
Ek is hier, vir altyd …
wanneer woorde soos bliksems om jou val wanneer die lewe voel soos ‘n donker dal wanneer jy twyfel, en is spyt weet dan ek is hier, nou en vir altyd wanneer die dade van ouds jou seermaak wanneer gebeure van lank gelede jou hart raak wanneer verwyte jou siel uitbuit weet dan ek is hier, […]
Visvanger
ek sien jou sit in neonligkantore en staar deur ruite – die uitsig is so vaal maar jy hoor steeds die stormreën en donder en op die dak die gekletter van die hael jy neem jou vlug oor hemelhoë geboue oor vuil teerstrate – die teer en die beton – tot waar die son skyn […]
IEMAND ROEP IN DIE WOESTYN
IEMAND ROEP IN DIE WOESTYN Gee my net liefde – laat my weet ek word aanvaar. O luister tog na my – ek smag na deernis en begrip. Verbind my wonde – hulle pyn en pyn en pyn. En lei my dan na Jesus – ek vergaan van dors.