Oudweesseer se koue…
‘n Donkerbringend’skaduwee vee tydsaam oor die gang en skemer daglig tot ‘n donkerte wat later pikswart, maanloos, sterloos oor valleie en in waterstrome hang. Saans word daar ‘n kers gebrand -nie vir fees of hart se klopverwagtings nie, maar bang om mens-alleen alleen te wees- om jonkweesskimme te verban; skimme wat eens mensgesigte was, nou […]
Suiderkruis
Die lug lê alkant, bokant, wolkloos bloot en die sterre skitter duisende van jare en ek? Ek dommel willoos in my sloot soos sooie voor die ploeg se skare om vars op wieke van die na-nag wind hulpeloos maar net te lê en wag en wag op tyd wat alles tydloos help ontbind; ja, selfs […]
Gebed van ‘n dowe
My lippe wil luid U Grootheid besing, aan U, troue Heer, my danklied U bring. Al lê die dood in die skulp van my oor gee U tog oordadig aan my sien die gehoor ; word sig van kleur gevormde klank in my brein; word skoenlapperfladder eteries refrein; die heen-en-weer-wieg van grassies en blaar hoorbaar […]
Winter maak my koud alleen
As die ysdrup uit my sinkdak lek en die koue styf my spiere trek dan verlang ek na jou warmer land wat keersy is van my koue kant
Nes die Kameeldoring
As soetdoringgom sawends die nag-apies voed en die dagbreekson rooi op die bergalwyn gloed; as tarentale hoog in pop’lierbosse skuil om voordag versugtig hierdie slaapplek te ruil vir die honger wat uitdryf vir soeke en skrop na sade en goggas vir die krampende krop, toring jy, takke wydstrekkend en grof gebas as stille getuie oor […]
Maanlig harmonie …
die sterre fluister woorde sag sodra die dag maak plek vir nag hul skitter en blink vir ewig mooi om die hemelruim in goud te tooi die aandwind bring die groot verlang dis donker in my hart se gang ek hoor die deuntjie wat hy sing vir my, alleenmens … enkeling die maan maak lig […]
Om doof te word
Die oog word nou my oor om dolgraag te wil hoor en ek lees jou woorde oor jou lippe knars soos ysterwiele stamp oor klippe want die hoor spat stom vir my verby uitgenome klank wat my van doof bevry. Ag, hoe het ek nie al prober om iets verbaal uit stom te leer want […]
My dagboek oor jou (4)
Alles is grys vandag. Die lug, die wolke, selfs die bome. Grys soos dit in my hart voel. Dis asof ek vanoggend nie een sonkolletjie kry om na te kyk nie. En dan waai die wind ook nog. Die bome is ook glad nie ingenome met die wind nie, want hulle verloor blare. En kort […]
Verdwaalde hart
Soos ‘n wilgertak se wieg in skemer’sak se rimpel-kring is dit jy wat vrede vir my bring Waar klein golfies teen die kante klots voel ek hoe die druppels warm spoel oor my sielsgelaat Jy steek jou hande uit na my verlore in die sirkel van liefde met jou eie seer vee my hart jou […]
My sus in n sonstraal
Dit was laat middag. Die hospitaal kamer is in ‘n skemer gevoel toegewikkel. Dae hier laat mens verlang na die son. Buite skyn die son, vir ander mense. Ek weet…. want tussen die lewelose beton sien ek die strale verspot rond dans op die hospitaal dak. Ek verlang na my kinders. Ek voel skuldig want […]