Een twee drie blok myself
Hoop sonder ophou al is daar geen hoop en glo sonder einde al kan jy nie meer glo. Bo my blok die plafon dat geen gebed deurkom. Onder my lê klippe gesaai wat my laat val en draai. Goed gekondisioneer, gebreinspoel en geleer om te glo, hoop en vertrou. Hoe hou jy aan, as dit […]
Vraag.
Ek vra hier, want ek weet nie waar anders nie. Hoe maak ‘n mens kontak met bestuur en admin van Ink?
Boemelaar
met jou ou flenter-vodde hoed oë stokstyf starend na niks diep-kerf plooi vergete gisters en hand wat bedelend bewe hoekom so mors met jou lewe steeg en karton is jou woning daar’s vir jou geen ander plek hoeveel lang, koue winters lê jy hier plat, vuil uitgestrek met kankervlekke oor jou lyf niksseggend, taai-strak gesig […]
Yl winter-blou
Die ylblou sirkel-kring om my verlange se web afwesig bly jou buitelyn waar ek staar na die horison se lyn My miskyk in die uur tik-tik aan my venster deur die krakies wat koue breek tot my gedagtes eensaam-eensaam oor die donker heuwels draf Ek wag vir jou in my hart se dou ek wag […]
Soos ek altyd wou …
ek hoop sy gee vir jou blomme mooi soos op ‘n blommeskou pienk rose in die somer en geel angeliere in die winterkou’ ek hoop sy maak jou gunstelingkos bederf jou met ‘n haar oë blou en op die herd ‘n erdekan wat elke dag se koffie brou … soos ek altyd wou ek hoop […]
Briefie vir jou (48) …
die maande het verby gegaan en later jare geword steeds het ek in my hart geweet dat ek jou in my lewe kort toe ek een oggend wakker word was die winter skielik daar terwyl my hart yskoud voel het ek na die druppels teen die ruit gestaar hoe was dit dan moontlik hoe het […]
Sandappelgeurtjies…
Ai, ek dink aan die speellekkerjare in my grysigheid se wordende ryp want sandappelgeure verstil die tyd en strooi verlange só wyd en so̒ syd. Hoor die gebons van my rietperd se hart as hy jou weerstand met minagting tart. Hoor ook hoe sag trap jou rietperd haar spoor en knyp vas om nie nou […]
My drie wense
lank gelede toe ek ‘n lampie optel het ek in gedagte begin vryf my hand maak sirkels terwyl ek drie wense hoog in die lug skryf nommer een was eenvoudig, mooi en sag ek wens dat jý -net vir my- jou lag sal lag nommer twee was baie diep ek kon dit nie keer maar […]
Oorwinningsgloed
soos ongesuurde brode het die oudag in jou oë gebreek terwyl jou mond sag oor die wonder van Pasga spreek – dan het die oewers van jou Eufraat wreed in twee geskeur tot waar die souttraan oor jou wange, die dors moes voed laat die bitter beker eens verbygaan; vergeef dan tog hierdie wanhoopstraan, en […]
Soos een wat op verlossing wag
êrens waar die sterre tuimel uit die newels van ‘n melkweg êrens waar ‘n towermaan oor ‘n dor en barre aarde skyn breek ‘n boom ‘n klip en kremetart sy onder hemele oneindig wyd en ruim diklyf, kaal en sonder skaamte wring sy haar arms tot geraamte en laat haar vingers teen die silwer nag […]