Dankie Here
Here, ek wil net graag vir U dankie sê vir al die spesiale mense in my lewe die mense wat altyd daar is om my by te staan deur al die goeie en slegte tye waardeur ek gaan. Dankie dat hulle altyd daar is om na my te luister as ek alleen sit in die […]
Kennisse
ek staan op die drumpel van gemoedstoestande ervarings in lewensgroei terwyl besluite voorregte kry in omstandighede van vatbaarheid kennisse beweeg oor ons paaie geleidelik word hul deel van jou lewe terwyl jy sekeres toegang gee in jou spasie en ander nie weet jy verseker wie en wie nie die kuns om mense te lees kom […]
Hulp
waar sal my hulp vandaan kom my woorde is stom bring my die vrede hou my die skrede in die handpalm moet nie in Meester talm die spykers diep geslaan om ons sonde te beslaan deurboor is Sy hande sy liggaam aan bande vir my en jou om Hom te vertrou.. Kopiereg voorbehou Louisa van […]
dankie
dankie: vir elke asemteug vir elke oggend son vir elke reëndruppel vir elke ontluikende blom vir elke eerlike glimlag vir elke mooie woord vir al die mooi mense om my vir elke oomblik van saamwees vir elke dag se uitdagings vir elke dag van ouer word vir elke mooi sonsondergang vir elke nag se salige […]
Lewensreis (Silwer) 200 woorde
My lewensbootjie het bly stroomaf vaar, al probeer ek my lewe lank juis om stroomop te swem. Met die jare het ek rustiger geraak, die spane verloor waarmee ek my moeg roei om kop bo water te probeer hou. Saam met die vloei begin skommel, my nie meer laat ontstel wanneer versperrings of versnellings my […]
‘n Tyd van luister(silwer)
sommer ek maar net wou stil wees en nie aan jou kierang-kierang denneboom vergete en gesplete skerwe van spieëls wou resoneer en net dalk my eie stilgeslypte verwyte oor ‘n naak witblad (laat) disintegreer sal ek ook dalk net dans, deur ‘n luide dood van bierpotte in fees en terug keur- in sagte stiltes ©Morné […]
Bettysbaai (SILWER)
Bettysbaai Bokant Bettysbaai troon Kogelberg teen die son. Fynbos wat daar fraai tussen witklipkronkels blom. Die skerp geur van geluk kelk koninklik om jou oop. Jou hart sal oral waar jy loop daarvan pluk. Stukkies afbreek en stewig in jou siel se speldekussing vassteek. Al het droogte ontwrig skamperlag die heide daar. Skit’rend silwer sonlig […]
tweede kans (Silwer)
ek het gedroom van weer probeer gehoop op ‘n tweede kans maar voor ek my stem kon vind was jou vinger op my lippe shhh… en vra jy vir mý ‘n tweede kans ©elmarie nienaber van kampen 30 Mei 2021